Andries Bezuidenhout. Mynprospekteerderslied

so kondenseer die woord wolk teen pieke
lispeltong teen kranse af, ondertoe teen hange

net duskant die kamp waar ek dieper soek as water
verby die laaste klank van ongeskonde

op ʼn klipplaat sny kremetartwortels ook spoor
na ondergrondse vog en minerale

kyk maar oor jou skouer, towermaat
jou nekvelle skurf in knope getrek

jou agterdog is redelik, akkuraat

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Mynprospekteerderslied”

  1. adriaan :

    hou baie hiervan Andries

  2. Dankie Adriaan.

  •