Hoe ver
moet ek reis
na Heuningkrans?
“Myle!”
skree die wildegans.
“Duisend!’
krys die tarentaal:
“Heuningkrans
sal jý nooit haal!”
“Naby!”
sing die geel kanarie:
“Reis net voort
tot Jannewarie!”
“Nee!”
sê die meeu:
“Verby! Verby!
Heuningkrans
sal jy nimmer kry!”
– Philip de Vos

