Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 201316 April 2013

Clinton V. du Plessis. Kykweer

Kykweer

 

“Die gees van my land is ‘n voetbal.”
Lina Spies

 

Die digter trek nie skares nie:

Opperman, Van Wyk Louw of Breytenbach,

die lostrio van die taal

vul nie aankomsale nie;

hulle trek nie ratse jong dye

uit eina-rompe nie.

 

Selfs met hul struktuur,

hul vorm,

die ritme van rymwoord,

of met die flink fop-aangee van betekenis,

of die agterlyn

van die sonnet

wat vaartbelyn

die naakte bluf van die kaal keiser, sonder skroom,

ontbloot,

kry hulle nog geen applous.

 

In die daaglikse kwatryn 

van die voorstedelike bestaan

is almal banaal begaan

oor die gain en die pyn.

 

Selfs die babas in kappies,

met foppertjies

en koue kriewelhandjies

kweel en kwyl opgewonde in die kamera

oor die baie baard,

been en biceps,

die torso is die ode,

weet die bal van die metafisika?

 

Die digter sit op die reserwebank:

sonder bier in die hand,

sonder vlag op die bors,

hy besef, die massas het ‘n ander, dieper dors.

 

Hulle kyk liefs om die spieël,

vermy die raaisel.

 

 

© Clinton V. du Plessis, 2013

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Clinton V. du Plessis. Kykweer”

  1. Desmond says:
    19 April 2013 at 15:17

    Hmmm, ek het nog altyd aan Opperman gedink as stut eerder as flank of agsteman. Van Wyk Louw as skrumskakel. Peter Blum as ‘n kranige haker. Breytenbach as linkervleuel. Die res speel hokkie.

    Reply
  2. Marlise says:
    17 April 2013 at 14:14

    Die gedig van Clinton het gemaak dat ek ‘n ander satiriese gedig oor ‘voetbal’ weer herbesoek:

    die dag op Nuweland
    – deur Jeanne Goosen –

    hoera en boland en haak vrystaat
    skree ons van die pawiljoen
    vir die rugbyspelers
    wat soos gestreepte haaie rondduik
    en na mekaar se boudvleise hap
    en ons kou grondboontjies en ons kake gaan
    op en af
    op en af
    ’n maer meisie van swellendam
    brei mansokkies
    en soos ons boland en haak vrystaat skree
    brei sy al vinniger
    sodat ek senuweeagtig word
    oor die spoed
    waarmee sy die wol
    oor haar dun dun voorvinger stoot
    en ek my tong raakbyt
    oral op die pawiljoen
    spring mannetjies
    regop
    en die planke wip hulle weer terug
    en dan weer
    regop
    en ons kou grondboontjies en ons skree
    hoera boland haak vrystaat
    soos die rugbyspelers
    nou met toenemende venyn na mekaar gryp
    en alles later bloederig word
    en die gras mislikgroen regop staan
    dit begin reën
    en die blou reën was die bloed dieper
    in die gras
    die dag is pers en die son skyn oor alles
    toe die eindfluitjie geblaas is
    brul en skud die hele pawiljoen
    sodat die potsierlike hoedjies
    teen ’n ontstellende spoed op en af
    op en af
    wip
    en die rugbyspelers dra die stukkende held
    skouerhoog en die held gryns
    en die meisie van Swellendam
    bêre haar breiwerk in ’n sneeuwitdoekie
    en krap in haar neus
    die rugbyspelers dra die stukkende held
    tot voor my

    – © Jeanne Goosen –

    Reply
  3. adriaan says:
    16 April 2013 at 17:38

    ek veronderstel dis bietjie soos ‘n Shell vulstasie bedryf reg in die middel van die Karoo

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d