Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 April 2013

Breyten Breytenbach. die self is ‘n solder

Foto: Annebelle Schreuders.

 

die self is ‘n solder

 

die self is ‘n solder

jy klim soontoe op

met ‘n trap waarvan die sporte

lankal weggevrot het

 

om jou te verloor

in die geur van kwepers

elk afsonderlik toegenuus

in koerantpapier se verslane berigte

 

in repe stoffige sonlig

wat skuins val

oor die af-oor hobbelperd

en bokse vol briewe

 

en koperspaan dekorasies

waarvan alle betekenis verloor is

want jy was nooit

in die regte oorlog nie

 

uit die kis wat ruik na kanfer

haal jy die motgevrete bruidsrok

en trek dit aan

om ruggelings te gaan lê

 

in die solder van die self

se onderduiking 

sedert besetters die land

afgebrand het

 

tot herfs

en te luister

hoe dakvoeë kraak

onder sterre se gewig

 

(c) Breyten Breytenbach - 2013

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

6e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. die self is ‘n solder”

  1. Elana Ochse says:
    30 November 2025 at 09:11

    Ek voel betowerd deur die beelde – al my sintuie werk saam.

    Reply
  2. Marel Grobler says:
    28 April 2013 at 19:11

    Bloot op ‘n eerste vlak van interpretasie is die beelde so helder dat ek die herfsson kan ruik. Die gedig raak mens diep, baie dankie!

    Reply
  3. Louis Jansen van Vuuren says:
    23 April 2013 at 13:51

    aangrypend – beeldskoon – dankie.

    Reply
  4. Evette says:
    23 April 2013 at 08:43

    So ‘n heerlike laag op laag gedig waar beelde binne die oogwenk van 3 woorde rigting verander, omtower tot ‘n ander beeld, soos newel.
    Diep dankie!!

    Reply
  5. Francis says:
    22 April 2013 at 22:34

    Dit is ‘n hartverskeurende mooi gedig. Dankie Breyten.

    Reply
  6. Anne-Ghrett Erasmus says:
    22 April 2013 at 17:49

    Dankie vir nóg ‘n woordkardoes.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d