Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 May 2013

Andries Bezuidenhout. Black History Month

sê die man se T-hemp
wat op kampus by my verbystap.
Gewapen met latté en croissant
gee ek die glimlag, daardie skinny decaf een
wat sê: “ons is nie almal so nie”
maar weet dat ons eintlik almal so is
al dink nie ek of hy so nie –
ek en die man met die T-hemp
wat op kampus by my verbystap.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

14e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Black History Month”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    16 May 2013 at 16:54

    Zoote Inval.

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    16 May 2013 at 14:44

    Ons sal nou helaas nie weet waar Ralph daaraan gekom het nie, maar dit sal via die musikale geskiedenis van die woord wees. En ek sou sê met die ‘stukkies’ dryf hy die spot met die idee van groots opgesette werke soos bv suites: van zoot na zuit na suite. Soiets.
    Koos Prinsloo gebruik in die eerste verhaal van sy debuut die woord Zook. En dit het my laat dink aan Battiss se Fook Island werk. But I digress (Lg. sal ‘n wonderlike titel wees vir ‘n outobiografie).

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    16 May 2013 at 13:35

    Desmond, jy’s nou in die openbaar tot verdere publikasie verbind. En dit vir die prys van ‘n cappuccino!

    Reply
  4. Desmond says:
    16 May 2013 at 10:29

    Johann, ja, maar daar is ‘n meer spesifieke verwysing. (Andries het sy cappuccino nou verbeur!) Die media het op ‘n stadium in 1991 berig dat Johannes Kerkorrel ‘n album met die titel ‘Zoot Stukkies’ sou uitreik. Later is dit verander na ‘Pers Reen’ en dit het uiteindelik verskyn as ‘Bloudruk’. Ek en ‘n vriend van my het hom in 1991 (ons was in Standerd 9 en enorme fans; en is trouens steeds) op Groentemarkplein raakgeloop en hom gevra wanneer die nuwe album verskyn en of dit ‘Zoot Stukkies’ genoem gaan word. Hy het gese ‘oor ‘n paar maande’, maar hy was minder duidelik oor die titel. Sedert die verskyning van ‘Bloudruk’ dreig ek al om iets, enigiets, uit te reik met die mooi titel ‘Zoot Stukkies’. (Terloops, ek het ‘n paar maande terug op die SA MEDIA databasis gaan soek na die ‘Zoot Stukkies’ berig: dit was uit Theunis Engelbrecht se pen.)

    Reply
  5. Johann says:
    16 May 2013 at 00:31

    Desmond, ek het onmiddellik gedink aan ‘zoot suit’ wat ek op my omswerwinge raak gelees het. Dit verwys na o.a. klere sowel as musiek. Hier is ‘n vertrek punt:

    http://en.m.wikipedia.org/wiki/Zoot_Suit_(disambiguation)

    Reply
  6. Desmond says:
    15 May 2013 at 23:45

    Andries, my solo se werktitel is vir etlike jare al ‘Zoot Stukkies’. As jy die verwysing snap, koop ek vir jou ‘n cappuccino met ekstra room (en ek sal my Biko T-hemp dra vir die okkasie).

    Reply
  7. Dorette Louw says:
    15 May 2013 at 21:26

    Andries, ek kliek op die afwesige “like” knoppie.

    Reply
  8. Andries Bezuidenhout says:
    15 May 2013 at 14:26

    Desmond, op die tema van hipster baristas se skinny decaf jeans, dalk ken jy hierdie een van Brooklyn Funk Essentials? “I got cash”. http://www.youtube.com/watch?v=6_9blTxwFeA

    Reply
  9. Andries Bezuidenhout says:
    15 May 2013 at 14:08

    As dit jou laaste woord is, stuur ek die mafia om jou uit te sort. Uitstekende line-up in daai bundel (rock band terminologie). Idees vir die solo act: “Desmond se droedels” of “Droedelsakklanke”.

    Reply
  10. Desmond says:
    15 May 2013 at 13:42

    Andries, ek het net Versindaba droedels daarin laat opneem – jy sal maar moet wag om te sien of dit my eerste of laaste woord gaan wees… Daar is gelukkig werklike jong en nuwe stemme ook in die bundel.

    Reply
  11. Andries Bezuidenhout says:
    15 May 2013 at 13:13

    Dankie Desmond. Voel of ek dit iewers gesteel het. Tony Hoagland? Dalk die “skimmed milk” in “The Story of White People”. Ek sien uit na Nuwe Stemme Fuif!

    Reply
  12. Desmond says:
    15 May 2013 at 13:00

    “gee ek die glimlag, daardie skinny decaf een”

    ek is jaloers op hierdie reel.

    Reply
  13. Andries Bezuidenhout says:
    15 May 2013 at 12:02

    Baristas of the world unite?

    Reply
  14. Jo Prins says:
    15 May 2013 at 10:37

    A latté continua?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d