In die kar op pad stad toe, net
verby die Cape Town Film Studios, sien
ek ʼn hoer helder oordag op ʼn klip
langs die vuil sloot sit en loer
in die rigting van die verby-
skommelende verkeer: sy’t haar
moves by Sharon Stone geleer.
In die kar op pad stad toe, net
verby die Cape Town Film Studios, sien
ek ʼn hoer helder oordag op ʼn klip
langs die vuil sloot sit en loer
in die rigting van die verby-
skommelende verkeer: sy’t haar
moves by Sharon Stone geleer.
Is hier dalk sprake van ‘n dubbele dosis “double entendre” – Wikipedia stel dit so: A double entendre is a figure of speech in which a spoken phrase is devised to be understood in either of two ways. Typically one of the interpretations is rather obvious whereas the other is more subtle. The more subtle of the interpretations is typically sexually suggestive. It may also convey a message that would be socially awkward, or even offensive, to state directly. (The Oxford English Dictionary describes a double entendre as being used to “convey an indelicate meaning”.)
Ek moes ook twee keer lees voordat die slot by my ingesink het – goed gedoen Desmond. ‘n Uitklophou.
Inspirasie is net ‘n oogopslag ver, Desmond. Ek hou hiervan.
Uitstekend! Ek vra hulle om die soju op ys te sit.
Ek sou weer erg jaloers gevoel het – as ek nie juis nou na die lieflike, lieflike Victor Jara CD wat ek in Santiago gekoop het gesit en luister het nie… ek bring dit vir jou. Dit en die ewe lieflike Violeta Parra.
Desmond, gepraat van die Koreane en moontlike beskuldigings dat ons die blad met ondigterlike onbenullighede afrem – die eienaars van die betrokke restaurant was heeltemal oorstelp toe hulle hoor Ko Un kom Suid-Afrika toe. Na die voorreg om sy voorlesings te beleef en hom te sien dans, verstaan ek heeltemal hoekom.
Ek moet hier sit tot 17h00, want die studente handig werkstukke in… die dat ek nou sit en twak tik. Geniet die bier. En ek is binnekort weer in Pret-oria: laat weet solank daai Koreane!!
Desmond, op hierdie Vrydagmiddag is my bande te pap en my loopvlak te glad om by te hou. Ek dink ek moet op Kerkplein gaan volmaak met ‘n Belgiese bier.
Ek hou nogal van tweespalt, veral wanneer uit ‘n kar waargeneem: mens verwys daarna as outo-erotiek.
Desmond, dit sou tragikomies wees, so ‘n tweespalt.
Andries, gelukkig het ek bedoel dat die leser moet lag, anders moes ons nou legendariese kwaaivriende word, ‘n Noord-Suid-tweespalt soos nog nooit vantevore in Afrikaans nie!
Desmond, ek was eers oorbluf. Toe lees ek weer en toe begin ek lag.