My Oom
glo ’n telefoonoperateur
laat die lyne suis
tussen
hom en my pa.
Snaaks,
my pa het nooit
daaroor gepraat nie:
oor sy broer
se werk by die sentrale.
Een nag het ek dié oom
op die bed sien sit,
waar hy gesels met homself.
Daar was ’n kind
se dood by ’n viergangstop
iets was daardie dag
soos telefoonlyne gekruis.
Die ander kind heet hierna Hope.
My oom word ’n alkoholis
oor sy kind se dood.
Daardie kind het saam
met sy ouma gesterf
op ’n kruising, onverwags,
sonder ’n telefoon na God
en waarom, weet ons nooit.
Op Tulbagh daardie tyd
met die aardbewing
het my tante glo
voor die vuur uitgeloop,
gedink dis die Oordeelsdag.
Dit was God, glo my,
wat net hard die aarde berispe.
© Joan Hambidge / 2013
