Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 June 201326 June 2013

PEN Internasionaal. Verklaring oor digitale vryheid

PEN Internasionaal bevorder die letterkunde en vrye meningsuiting, en funksioneer ingevolge die PEN-handves en die beginsels wat dit omvat, naamlik onbelemmerde oordrag van denke binne en tussen alle nasies.

PEN erken die potensiaal van digitale media as ’n middel om die fundamentele reg op vrye meningsuiting te verwesenlik. Terselfdertyd word digters, dramaturge, essayiste, romanskrywers, outeurs, bloggers en joernaliste se reg op vrye meningsuiting dikwels geskend juis omdat hulle digitale media gebruik. Verskeie lande se burgers het al voor ernstige beperkings van hul toegang tot, en gebruik van, digitale media te staan gekom, terwyl regerings digitale tegnologieë misbruik om vrye meningsuiting te onderdruk en individue dop te hou. Ook die privaat sektor en tegnologiemaatskappye het al by tye staatsensuur en -dophouding in die hand gewerk.

Daarom verklaar PEN soos volg:

 

  1. 1. Alle persone het die reg om hul menings vryelik en sonder vrees vir vergelding of vervolging   deur middel van digitale media oor te dra.

 

a.         Individue wat digitale media gebruik, geniet volle beskerming van hul reg op vrye meningsuiting ingevolge internasionale wette en standaarde.

b.         Regerings mag nie vervolging instel of weerwraak neem teen individue wat inligting, menings of idees deur digitale media oordra nie.

c.         Regerings moet vrye meningsuiting deur digitale media aktief beskerm deur doeltreffende wette en standaarde uit te vaardig en toe te pas.

 

  1. 2.            Alle persone het die reg om inligting deur digitale media te soek en te ontvang.

 

a.         Regerings behoort nie die inhoud van digitale media, waaronder die inhoud van binnelandse en internasionale bronne, te sensor, te beperk of te beheer nie.

b.         Enige beperkings wat in uitsonderlike omstandighede op die inhoud van digitale media geplaas word, moet voldoen aan die internasionale wette en standaarde wat die perke van vrye meningsuiting, soos aansporing tot geweld, bepaal.

c.         Regerings behoort nie toegang tot, of die gebruik van, digitale media te beperk of te verhinder nie, selfs nie in tye van onrus of krisis nie. Die beheer van toegang tot digitale media, veral op groot skaal, is inherent ’n skending van die reg op vrye meningsuiting.

d.         Regerings behoort vir alle persone volle toegang tot digitale media te bewerk en te bevorder.

 

  1. 3.            Alle persone het die reg op vryheid van staatsdophouding van digitale media.

 

a.         Dophouding, ongeag of die spesifieke bestemde teiken daarvan bewus is of nie, demp meningsuiting omdat dit die moontlikheid van vervolging sowel as vrees vir vergelding daarstel. Die bewustheid van dophouding skep ’n klimaat van selfsensuur, wat vrye meningsuiting verder benadeel.

b.         As ’n algemene reël behoort regerings hul daarvan te weerhou om toegang tot digitale kommunikasie tussen privaat individue te probeer bekom of individuele gebruik van digitale media te moniteer, individue se bewegings deur middel van digitale media na te spoor, individue se meningsuitinge te wysig of individue oor die algemeen dop te hou.

c.         Indien regerings – in uitsonderlike omstandighede en in verband met legitieme wetstoepassing of nasionale sekerheidsondersoeke – wel dophouding onderneem, moet enige sodanige dophouding van individue en monitering van kommunikasie deur digitale media in pas wees met internasionale proseswette en -standaarde van toepassing op wettige deursoeking, onder meer die verkryging van ’n lasbrief deur middel van ’n hofbevel.

d.         Die volle reg op vrye meningsuiting behels ook die reg op privaatheid; alle bestaande internasionale wette en standaarde oor privaatheid geld ook vir digitale media, en nuwe wette, standaarde en beskerming kan ook vereis word.

e.         Staatsinsameling en -terughouding van data en ander inligting wat deur digitale media geskep word, met inbegrip van dataontginning, behoort aan die internasionale wette en standaarde oor privaatheid te voldoen, soos die vereistes dat terughouding van data tydgebonde en proporsioneel sal wees en kennisgewing aan die betrokke persone doeltreffend sal geskied.

 

  1. 4.            Die privaat sektor, en veral tegnologiemaatskappye, word gebind deur die reg op vrye meningsuiting en menseregte.

 

a.         Die beginsels in hierdie verklaring geld eweneens vir die privaat sektor.

b.         Maatskappye moet menseregte, onder meer die reg op vrye meningsuiting, respekteer, en moet hierdie regte handhaaf, selfs al beskerm nasionale wette en regulasies dit nie.

c.         Tegnologiemaatskappye is verplig om te bepaal watter invloed hul produkte, dienste en beleid sal hê op menseregte in die lande waar hulle beoog om sake te doen. Indien skendings waarskynlik sal voorkom of onlosmaaklik deel is van die gebruik van hul produkte of dienste, behoort die maatskappye hul voorgestelde planne te wysig of te onttrek ten einde menseregte te respekteer.

d.         Tegnologiemaatskappye behoort die beginsels van vrye meningsuiting deel te maak van hul kernbedrywighede, soos produkontwerpe met inherente privaatheidsbeskerming.

e.         Indien daar bevind word dat hul werksaamhede die reg op vrye meningsuiting geskend het, behoort tegnologiemaatskappye herstel te bied aan diegene wie se regte geskend is, selfs al bied regerings geen verhaal nie.

 

Aanvaar deur die internasionale PEN-kongres

Gyeongju, Suid-Korea

September 2012

http://www.pen-international.org/pen-declaration-on-digital-freedom/

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Kopskote: PEN Afrikaans se nuwe blogruimte

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d