Andries Bezuidenhout. Musiek vir die narsissistiese eeu

Die Kanadese band Arcade Fire het ʼn paar jaar gelede ʼn Grammy vir hul album “The suburbs” gewen en het sedertdien voor veel groter gehore as in die verlede gespeel. Nou wag almal vir die volgende album om te sien hoe hulle op die sukses reageer – ʼn bietjie soos ʼn kultusdigter se eerste bundel na die toekenning van ʼn belangrike letterkundige prys. Sal die digter getrou aan ʼn klein groepie aanvanklike aanhangers bly, of gaan sy vir die hoofstroom skryf? (Die poëtiese hipster se nagmerrie.) Nou is daar ʼn video van “Reflektor” op die web beskikbaar, ʼn vreemde liriek met verwysings na die eeu van weerkaatsings, waarin die figuur van David Bowie ʼn verskyning maak. ʼn Musiekvideo is deesdae so deel van die liriek as wat musikale verwerkings is en Arcade Fire het baie moeite met die visuele aspekte van “Reflektor” gedoen. Dit lyk vir my asof hulle daarin kommentaar op sukses lewer, asook die eeu van narsissisme. Ek haal gedeeltes uit die liriek aan:

Trapped in a prism
In a prism of light
Alone in the darkness
Darkness of white
We fell in love
Alone on a stage
In the reflective age

Entre la nuit, la nuit et l’aurore.
Entre le royaume, des vivants et des morts.

If this is heaven
I don’t know what it’s for
If I can’t find you there
I don’t care

I thought I found a way to enter
It’s just a Reflektor
I thought I found the connector
It’s just a Reflektor

We fell in love when I was nineteen
And I was staring at a screen

Beslis populêre liriek en geen grootse digkuns nie, maar ek hou van die feit dat hulle in Frans sing en daardeur klaarblyklik die punt maak dat hulle ʼn Kanadese band uit ʼn tweetalige land is. Rofweg vertaal sou die Franse deel verwys na iemand wat tussen die nag en die sonsopkoms is, tussen die koninkryk van lewendes en dooies. In een stadium kyk die hele band na die weerkaatsing van hulself – eerder, afbeeldings van hulself – in ʼn waterpoel. Hulle is mense, maar ook poppe – hulle koppe afbeeldings van hulself, baie soos die poppe wat die Occupy-beweging van politici maak. Die tema van die spieëlbal – tipies van discoklubs uit die sewentigs – vind ook neerslag in die elektroniese verwerkings en die ritme. In die liriek word die medium waarop musiek steeds gevind word – die laserskyf, wat ook straks iets van die verlede word – met ʼn spieël vergelyk:

Our song escapes
On neon silver discs
Our love is plastic
We’ll break it to bits

Gaan kyk gerus na die video. Dis langer as die tydsformaat van 3:30 wat deur radiostasies se speellys-polisie voorgeskryf word – ook seker kommentaar op hoe vlak die poele van die narsissistiese eeu geword het.

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Musiek vir die narsissistiese eeu”

  1. Ooooh, poppe, maskers en mosaiek spieels! pragtig. En daar staan en gooi hul hul poppe uit die trokkie! Ai. Dankie dat jy dit gedeel het. “See you on the other side”….

  2. Desmond Painter :

    Ek luister nog gereeld The Suburbs: ‘n lieflike liedsiklus, ‘n soort Winterreise vir die motor en mall era; en met die nagtelike motorritte en voorstedelikheid, ‘n gesprek met Springsteen se The River. Ek het die album baie in die gym geluister vroeg tydens Claire se swangerskap. Hierdie reels het by my gespook:

    So can you understand?
    Why I want a daughter while I’m still young
    I wanna hold her hand
    And show her some beauty
    Before this damage is done
    But if it’s too much to ask, too much to ask
    Then send me a son…

  3. Desmond Painter :

    NS. Hierdie kon netsowel oor Brackenfell en my jeugjare gewees het:

    Kids wanna be so hard
    But in my dreams we’re still screamin’ and runnin’ through the yard
    And all of the walls that they built in the seventies finally fall
    And all of the houses they build in the seventies finally fall
    Meant nothin’ at all
    Meant nothin’ at all
    It meant nothin

  4. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, “Suburban War” is steeds die een op die plaat waarna ek terugkeer as ek al die ander oorslaan van te veel luister.

    This town’s so strange they built it to change
    And while we sleep we know the streets get rearranged

    Now the music divides us into tribes
    You grew your hair so I grew mine
    You said the past won’t rest
    Until we jump the fence and leave it behind

    My old friends, I can remember when
    You cut your hair, I never saw you again

    But you started a war that we can’t win
    We keep erasing all the streets we grew up in
    Now the music divides us into tribes
    Choose your side, I’ll choose my side

    Ek onthou ons het in die verlede hier vergelykings tussen Arcade Fire en The National gemaak. Nou’t beide bands weer plate in dieselfde jaar, kort na mekaar. Ek dan’s daar nog ‘n spieël ook op The National s’n se omslag.

    NS. Hannalie, so praat die poppe en lirieke oor en weer tussen ons blogs.

  5. Andries Bezuidenhout :

    Van Kanadese gepraat, vreemde stukkie oor Atwood en klere:

    http://www.theguardian.com/books/booksblog/2013/sep/09/clothing-in-literature-margaret-atwood

    Laat my dink aan daardie gedig van haar oor die milit^re historikus. In ons konteks is daar seker niemand wat ‘n molvelbroek in soveel detail soos Karel Schoeman kan beskryf nie.

  6. Leon Retief :
  7. Andries Bezuidenhout :

    Baie dankie hiervoor Leon. Aan die begin van die onderhoud kom sy nogal bitsig oor, maar as mens verder lees, skemer ‘n meer ironiese figuur deur – ook in die video-uittreksel aan die einde.

  •