Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 October 2013

Andries Bezuidenhout. No lines

No lines,
sê die padbordjie tussen Colesberg en Hanover
& mens wonder of dit nodig is
om ʼn vraatsugtige Johannesburg-neus
daaraan te herinner dat sneeu selde hier op straat te koop is,
of dalk bedoel dit dat die enkelganger
na die boekfees by Richmond geen reëlbreuke
in sy gedig oor die padbordjie mag gebruik nie.

Mense hier probeer nietemin
om ʼn streep in die sand te trek
vir Royal Dutch Shell,
ʼn naam wat soveel water vir ʼn dor plek aanneem.

No lines,
sê die Minister van Mineral Resources,
maar sy’t dit verkeerd,
want met pompe en bore kom stofsuierneuse
en off shore tax havens omring deur water,
water in oorvloed.

But a landscape as dry as this
is a landscape for words and I contemplate
the missing g between Han and Over
or maybe a d, since all will be handed over
to Royal Dutch Shell

en spierwit lyne op die gladde blad
van wat oorbly van die antieke meer onder die Karoo, maar

No lines,
sê die bordjie tussen Colesberg en Hanover vir eers,
No lines,
No lines.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Andries Bezuidenhout. No lines”

  1. marlise says:
    30 October 2013 at 20:03

    Ek het geen benul waar Elandgat is nie, maar ek is bly die bordjies het jou tot so goeie gedig geinspireer! Goed raakgevat: Stofsuierneuse!:)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d