Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 December 2013

Joan Hambidge. Vers vir Mandela

Vers vir Mandela 

 

Na ‘n ándersoortige Ceylon

verban verbruik verneder

na ‘n sel

met ‘n naam uitgekerf:

trotseer jy op Robbeneiland

die verblindende son.

 

Vreemdelinge vaar

van heinde en verre

per boot na daardie oord.

 

En jy het gewag

– ‘n vreeslose verbanning -.

Toe na ‘n ander ruimte

verstoot:

 

die Victor Verster

tot die groot V

van Vryheid

 

voor die alsiende oog

van soveel kameras,

 

wég van Verraad

die lang pad na Vergifnis:

‘n vredesteken,

            V

 

soos lydsames,

verdoemdes,

askete voor jou

van insurgent tot held,

skuif verlede oor hede:

 

Nelson Mandela,

Rus in Vrede.

 

© Joan Hambidge / 2013



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Huishoudelike oorlog
Joan Hambidge. Maria →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Vers vir Mandela”

  1. Pingback: Joan Hambidge skryf ’n “Vers vir Mandela” | NB

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d