Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 February 201410 February 2014

Christine Barkhuizen le Roux. Twee gedigte (nogtans; Meiringspoort)

nogtans                    

                                             

een oggend sal ek opstaan

die son sal flouer skyn

die luggie in die populierboombos

stiller nog stiller roer

die blare nie meer handeklap

 

die dam se dyk het oopgebreek

die water weggeloop oornag

en in die modderslik en kweek

onkant gevang verstrik versmoor

lê ‘n dooie skilpad omgedop

 

tog sal jy bly in elke weet

waarop my ore oë tong en neus

‘n vinger nog kan lê

die vuurklippe se skittering

laatskemer se lou net-nog lig

 

*

 

 

Meiringspoort

                  

hasejag

rietbos grys winterpopulier

blaarloos blomnek en varkenskraal

seepwater

geel rots

skelmkloofdrif

watter boer het hier

so skuwerig rondgeloer?

aalwyndrif

dubbele drif

steweldrif

sanddrif

hemelklip

na al die drif

‘n sprinkel  hoop liefde geloof  

maar die lewe spoed voort op galop

witperdedrif

ou tol

wadrif

witfonteindrif

uitspan!

watervaldrif

ontploffingsdrif

gerolms

rooi uitspanningsdrif

respyt van die groot gedruis

die klip van die dinamietslag

tot by die vrugteboord

waar ‘n man ‘n vrou sag soen

pereboomdrif

bloupunt

opmetingsdrif

laaste drif

daar kom ‘n end

aan waar die water loop

of lankal droog staan teen die rif

ek sif die son

ek hou die lig

 

© Christine Le Roux / 2014

                   

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d