Jaco Barnard-Naudé. Pinsky en eksistenz-filosofie

Poem about People

The jaunty crop-haired graying
Women in grocery stores,
Their clothes boyish and neat,
New mittens or clean sneakers,

Clean hands, hips not bad still,
Buying ice cream, steaks, soda,
Fresh melons and soap—or the big
Balding young men in work shoes

And green work pants, beer belly
And white T-shirt, the porky walk
Back to the truck, polite; possible
To feel briefly like Jesus,

A gust of diffuse tenderness
Crossing the dark spaces
To where the dry self burrows
Or nests, something that stirs,

Watching the kinds of people
On the street for a while—
But how love falters and flags
When anyone’s difficult eyes come

Into focus, terrible gaze of a unique
Soul, its need unlovable: my friend
In his divorced schoolteacher
Apartment, his own unsuspected

Paintings hung everywhere,
Which his wife kept in a closet—
Not, he says, that she wasn’t
Perfectly right; or me, mis-hearing

My rock radio sing my self-pity:
“The Angels Wished Him Dead”—all
The hideous, sudden stare of self,
Soul showing through like the lizard

Ancestry showing in the frontal gaze
Of a robin busy on the lawn.
In the movies, when the sensitive
Young Jewish soldier nearly drowns

Trying to rescue the thrashing
Anti-semitic bully, swimming across
The river raked by nazi fire,
The awful part is the part truth:

Hate my whole kind, but me,
Love me for myself. The weather
Changes in the black of night,
And the dream-wind, bowling across

The sopping open spaces
Of roads, golf courses, parking lots,
Flails a commotion
In the dripping treetops,

Tries a half-rotten shingle
Or a down-hung branch, and we
All dream it, the dark wind crossing
The wide spaces between us.

Robert Pinsky

In die nadraai van die volksmoord op die Jode gedurende die Tweede Wêreldoorlog, skryf die Joods-Duitse filosoof, Hannah Arendt, as volg: ‘Men in the plural, that is, men in so far as they live and move and act in this world, can experience meaningfulness only because they can talk with and make sense to each other and to themselves.’ Dat die menslike toestand gelyk is aan pluraliteit en dat dit hierdie pluraliteit is wat die voorvereiste vir alle menslike handeling en betekenis is, staan onomwonde in Arendt. Die totalitêre staatsbestelle van die twintigste eeu was juis gerig op die totale uitwissing van hierdie pluraliteit en, by implikasie, die individualitieite wat die voorwaarde is vir ‘n pluraliteit. In wese maak Arendt ‘n psigoanalities-politieke punt, naamlik dat die Self slegs in en deur die Ander bestaan. Hierdie terme is bekend in die poststrukturele wysbegeerte wat sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog in die kontinentale filosofie en letterkunde ’n kritieke rol speel, maar begin in die eksistenz-filosofie van Kierkegaard. Die Franse filosoof, Jean-Luc Nancy, geïnspireer deur Arendt en Derrida, argumenteer op soortgelyke wyse vir die oorspronklike ontologiese werklikheid van bestaan (eksistenz): ‘”meaning” … has become the bared name of our being-with-one-another … the originary plurality of origins.’ Waar die eksistenz-filosofie fokus op die Self en die feit dat die Self uitgelewer is aan ‘n wêreld waarvan hy moet probeer sin maak (Heidegger), fokus die poststrukturele filosofie van Nancy en ander op die Ander as die voorwaarde vir die bestaan van enige Self.

In die gedig, ‘Poem about People’ (’n eksistenz-gedig) aktiveer die Amerikaanse digter, Robert Pinsky op briljante wyse hierdie tematiek en insigte. ‘Poem about People’ kom uit Pinsky se debuutbundel Sadness and Happiness (1975) en is die eerste gedig in die versameling. Die eerste drie strofes van die gedig open met ‘n beskrywing van verskillende gewone mense in hulle daaglikse handel en wandel. Aan die einde van die derde strofe is daar egter ‘n wending wanneer die digter die volgende skryf: ‘possible / To feel briefly like Jesus’. Hier begin ‘n verwysing na die Self van eksistenz-filosofie, na die voyeur wat van ver af kyk na die verskillende Ander op straat en uit hulle probeer sin maak. Die etiese aspek word geactiveerd wanneer die digter sê dit is moontlik om vir ‘n oomblik soos Jesus te voel wat ‘A gust of diffuse tenderness’ ervaar vir die mense(-kinders van God?)

Die volgende strofes fokus egter in op die mens se ingebore narcisisme: ‘But how love falters and flags / When anyone’s difficult eyes come / Into focus’. Die digter maak hier die punt dat ons (abstrakte) liefde vir die mensdom in konflik staan met ons interpersoonlike verhoudinge wat so dikwels deur eiebelang en selfsug oorheers word – ons huldig die Ander juis nié as ‘n voorwaarde vir ons bestaan nie, maar beskou haar eerder as ‘n bedreiging vir daardie bestaan. In hierdie opvatting kan die nood van die siel van die Ander nie liefgehê word nie, aangesien dit nie met eiebelang strook nie. Die voorbeelde hier is die tragiese nood van die siel van die geskeide onderwyser-vriend wat sy eie skilderye orals ophang na die egskeiding, omdat sy vrou dit iewers in ‘n kas gebêre het; asook die nood van die siel van die digter wat selfbejammerend na sy radio luister en “The Angels Wished Him Dead” hoor speel.

Dan word daar teruggekeer na die teenpool van narcisisme, ‘n voorbeeld van self-opoffering: die jong Joodse soldaat red die Anti-Semitiese boelie deur oor ‘n rivier te swem wat onder Nazi spervuur is (hy verdrink amper self). Maar hierdie is (net) ‘n voorbeeld in ‘n rolprent; dit is fiktief. Tog wys die digter dat die slegste deel van hierdie rolprent (wat ons lewe is) die gedeeltelike waarheid is. En hierdie gedeeltelike waarheid bestaan in die paradoks dat, soos Sartre gesê het, hel ander mense is, solank daardie ‘ander mens’ nie ek is nie. Want die Ek wil liefgehê word, geag word deur Ander vir my onvervangbare enigheid en Ander ook liefhê. Die gedig vra die moeilike vraag of alle liefde nie maar uiteindelik selfliefde is nie. Tog, deur die voorbeeld van die Joodse soldaat hou Pinsky die moontlikheid oop van ‘n etiese altruïsme wat die Self transendeer. En van hierdie soort altruïsme is daar menige voorbeelden in die geskiedenis. Die uiteindelike teenstrydigheid tussen individualisme en altruïsme waarmee Pinsky ons konfronteer is volgens die eksistenz-filosofie fundamenteel en as sodanig onoplosbaar. Die digter skenk dus hier aandag aan die dialektiese verhouding tussen self en ander en doen aan die hand dat (kontra-Hegel) hierdie dialek die menslike toestand verteenwoordig – die dialek tussen self en Ander word nooit opgelos of gesublimeer nie. En tog bly die etiese versugting weifel (‘n versugting wat deur die poststrukturalisme ontwikkel word): ons almal droom daarvan om die ‘wide spaces between us’ te oorbrug, maar ons – die mens-spesie – blyk die enigstes te wees wat daardie brûe bou net om dit soms meedoënloos te verbrand.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •