Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 April 2014

Joan Hambidge. Vlugplan

Vlugplan

 

‘n Vliegtuig verdwyn

op dieselfde tyd

word berig hoé

‘n voortvlugtige

in ‘n badkamer

haar verweer

teen vier skote

 

geskiet deur ‘n toe

deur en ballistiese

eksperts presies bepaal

hoe vinnig en hoe ver

dit alles gebeur

het en wrakstukke

 

langs die kus opgemerk

van Maleisië na nêrens

om ‘n sinkende wrak

blou te verf in ‘n tyd

 

wat die private publiek

word die “violence within”

beskerm nie meer teen

die “violence without”

en Wallace Stevens

 

sou bepaald ook wonder

hoe maak ‘n mens sin

oorleef jy met oggendnuus

wat via internet en youtube

alles uitblaker oor ‘n vlugplan

 

met aankoms uitgestel

en bloedspatsels teen ‘n kamermuur

‘n paar wit plakkies

netjies langs ‘n bed geplaas

kort voor die moord

en jy hoop dat alles vinnig

 

oor was vir hulle in daardie vliegtuig

en vir haar op vlug met ‘n selfoon

 

en miskien het sy die kaptein

van die vlug gebel

 

toe sy roep om hulp

in haar sinkende skip

 

rooi geverf

op ‘n Valentynsdag

wat sy elke jaar

met ongestuurde blomme

sal vier saam met die kaptein

 

wat vermeendelik

homself wou uitwis

en ‘n versekeringsmaatskappy

wat eise uitbetaal

 

lank voor daar uitsluitsel

gevind is oor waarom

ons aan soveel blootgestel

word in hierdie troostelose

 

gedig sonder ‘n begin,

middel of einde

 

in opgehefde tyd.

 

 

© Joan Hambidge /2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Joan Hambidge. Vlugplan”

  1. Joan Hambidge says:
    29 April 2014 at 12:09

    http://joanhambidge.blogspot.com/2014/04/wit-ink-helene-cixous-skryf-die-lyf.html

    *

    Oor die digkuns en lyf(likheid)

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    15 April 2014 at 22:45

    Baie aangrypende kruisbestuiwing en wisselwerking tussen twee taumatiese gebeure wat ons daaglik wil oplos deur die oë van die aanklaer. Wil oplos deur te sien wat werklik gebeur het. Die waarheid bring mos vryheid en vrede
    Baie dankie Joan

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    13 April 2014 at 23:26

    http://joanhambidge.blogspot.com/
    Opperman, Jung en Kermode

    Reply
  4. Maria Snyman says:
    6 April 2014 at 21:06

    Dankie vir die skakel, Joan – ek het die boek (op uitverkoping gekry), maar nog nie gelees nie – nou gaan dit uiteindelik lees. (Terloops, ek is mal oor jou portret op Woorde wat weeg).

    Reply
  5. Joan Hambidge says:
    6 April 2014 at 20:44

    http://joanhambidge.blogspot.com/
    Paul de Man, Rilke en Pieterse: oor die allegorie van lees

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d