Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 May 2014

Andries Bezuidenhout. Dansende digters II

Daar slaan ʼn klip toe die kar se verkoeler en die masjien moet romp en wiele in die Kaap agterbly. Iewers in Tokai wag dit nou vir ʼn nuwe verkoeler uit Johannesburg. Vlieg gisteraand terug met tasse en trommels wat vir ʼn kar gepak is, nie vir ʼn vliegtuig nie. Ook boeke. Breytenbach se splinternuwe bundel en die nuwe uitgawe van Imagine Africa.

Ek sou graag uitvoerig oor digters en gesprekke wou rapporteer, maar daar is nie nou tyd daarvoor nie. Vir eers opmerkings oor twee hoogtepunte en ʼn paar foto’s:

Ilya Kaminsky, omdat hy op so ʼn verstommende wyse met die Russiese tradisie in gesprek tree. Die persoonlike tragedie van sensuur en die wyse waarop digters daarop reageer. Dis heerlik om na Kaminsky te luister (en dankie vir die transkripsies teen die agterdoek, dit help om te volg). Nou wil mens baie meer van hom lees.

Die gesprek oor hoe die digkuns asemhaal en die etiese moontlikhede van protes. In besonder Breyten Breytenbach se opmerking oor stemme in die tronk en hoe dit mense wat tereggestel gaan word dra, tot by die laaste asem. Asem en lewe. Maar dan ook die punt dat die digkuns eweneens ʼn donker verbeelding kan hê. Asem en die kettings van ʼn samehorigheid wat ander uitsluit. Dis vreemd en wonderlik hoe ʼn gesprek se atmosfeer in oomblikke gat kan omgooi en in onverwagse rigtings kan duiwel.

Daar was vele ander hoogtepunte. Die musiek, wyn, reënwolke en herfs. Ek hoop, ek hoop die fees word ʼn jaarlikse instelling.

Vol program. Homero Aridjis se ruskans in Wellington
Vol program. Homero Aridjis se ruskans in Wellington
By Spier maak Neo Muyanga en sy orkes musiek.
By Spier maak Neo Muyanga en sy orkes musiek.
Irma du Plessis en Christi van der Westhuizen by Spier
Irma du Plessis en Christi van der Westhuizen by Spier
Duo Duo lees voor, vertalings teen die agterdoek
Duo Duo lees voor, vertalings teen die agterdoek

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Charl-Pierre Naudé. A view on two festivals

8e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Dansende digters II”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    20 May 2014 at 11:59

    Dit was ‘n groot voorreg om deel daarvan te kon wees.

    Reply
  2. Zandra Bezuidenhout says:
    16 May 2014 at 15:37

    Die Dansende Digtersfees was ‘n betekenisvolle geleentheid vir almal wat die poësie ernstig opneem en hul daarin verlustig. Baie dankie aan al die betrokkenes.

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    13 May 2014 at 12:30

    Willem: ek beaam Andries se waardering. Jy maak mooi. So sal die vlammetjies van is-is braambosse van vuur tot in Bekkersdal bring!

    Reply
  4. Engela Geyer says:
    13 May 2014 at 11:38

    Groot dankie, Andries – vir jou indrukke en die skakel!

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    13 May 2014 at 10:45

    Dankie hiervoor, Willem de Vries: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-05-12-digkuns-voer-die-botoon

    Reply
  6. Andries Bezuidenhout says:
    13 May 2014 at 06:43

    Dankie Francis en Maria. Die ding oor die kar is nie so erg nie. Soos Karelsen altyd aan Lielebroer gesê het: “Dis wêreldsgoed.”

    Reply
  7. Maria Snyman says:
    13 May 2014 at 06:04

    Dankie vir hierdie lusmakertjie solank, Andries, so tussen jou rompslomp gesukkel met jou kar deur. Dink net, dalk kom daar ‘n dag wat digters finaal hul vlerkies kry en nie meer van karre afhanklik is nie, wat nog te sê deur sensuur gestuit kan word! Dit sal wonderlik wees. Dan word daar dalk ook ‘n diens soos dial-‘n-digter moontlik en kan mens met die klik van ‘n knoppie ‘n hele dansende digtersfees bestel. Asem en lewe en gat omgooi en onverwagse rigtings in duiwel … Sterkte met die tjor intussen.

    Reply
  8. Francis says:
    12 May 2014 at 20:46

    Dankie Andries dat jy die na-dink oor hierdie unieke fees open. Wat ‘n ervaring!

    Dankie ook aan die Pirogue Kollektief en die mense van Spier.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d