Lykdig 9: Fransi Nieuwoudt. Ingrid Jonker
Ingrid Jonker
Jy wat die glasskerwe van weggooibottels
soos ‘n geheim
in die grond kon bêre
dit kon inpapie met die roulint van blare
beenwit gewier
‘n oopgedolwe kerker
jy wat in jou eie op en af
die skuimskot van branders
kon naderhark
in leed-uitbundige verse
doodstil gewieg
in die gladmaak van golwe
in die ruising van jou woorde
spoel daar steeds krappies uit
wat die wolke se fynskrif
op duine herhaal
Sjoe!