Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 July 20146 July 2014

Joan Hambidge. Reeva

Reeva

 

Kon jy weet

daardie laaste keer

by die hekke van die Silwer Huis

en Rooi Badkamer

‘n sekuriteitsbeampte

sou Heilige Petrus vir jou speel?

Was daar ‘n geel gloed óm

jou gehul, soos Jung beweer,

wanneer ons wetend-onwetend dié oorgang

in volledige eensaamheid, dus solo, maak?

Sou jy kon raai dat die beroemdheid

waarna jy smag jou ‘n ereplek sou gee

in die galery langs JFK en Marilyn Monroe?

Jou oë gesluit soos Marilyn s’n

in die Brentwood-lykshuis in Los Angeles;

jou kop oopgeklief nes Jack s’n.

Kon jy dink Survivor was net ‘n voorspel

tot ‘n hofsaak met jou as die aanwesige-Afwesige?

Foto’s geneem, selfs uit ‘n lykshuis geskaai,

verkoop, vervleg, verpand, versend

met opgeswelde oë asof jy jou verweer

teen die ongerymde, die vervorming;

ja, selfs teen hierdie gedig,

‘n vérdere openbare skending.

 

 

© Joan Hambidge / 2014

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

6e gedagtes oor “Joan Hambidge. Reeva”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    8 July 2014 at 07:03

    Maar so word Reeva Steenkamp weer aanwesig.

    Reply
  2. Philip de Vos says:
    7 July 2014 at 22:50

    Dankie,Joan.

    Reply
  3. Gisela Ullyatt says:
    7 July 2014 at 16:28

    Veral die laaste ses versreëls het ek aangrypend gevind.

    Reply
  4. HEILNA DU PLOOY says:
    7 July 2014 at 11:20

    Dis regtig ‘n baie mooi gedig wat empatie en sosiale kommentaar naatloos saamsmelt.

    Reply
  5. Marlise J says:
    7 July 2014 at 10:38

    Stem saam. Dis ‘n aangrypende lykdig hierdie.

    Reply
  6. Louis Esterhuizen says:
    7 July 2014 at 09:36

    Sjoe, Joan … ‘n Kragvers tot in sy nate. Welgedaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d