Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 August 201413 August 2014

Hein Viljoen. Mzansi (onner innie syde)

Mzansi (onner innie syde)

Mzansi is taken from the phrase e zantsi, “down south”, hence mzansi, slang for South Africa

 

Sydie ek het vir jou alles gegee, en nou’s ek niks
Sydie twee rand vier en veertig sent 7 Mei twintig-veertien
ek kan nie my eie gedagtes verdra nie
Sydie wie gaan die oorlog stop? Die mense-oorlog?
gaan naai jouself met al jou AK’s en R4’s
ek voel sleg moenie my bodder nie
ek kan nie my gedig skryf voor my kop reg is nie
Sydie wanneer gaan jy ooit ʼn engel word
ʼn naakte engel sonder vlerke bloederige verband om die kop

 

hoe verdra jy die politici blink karre blink vroue blink behang
jou mense skud suf in verslete treine
wrakagtige taxi’s rydende doodskiste
vroue kak in die gras sakemanne hap delikaat
aan soesji op die mooi mae van maergat modelle
vreetpartye van whisky en gebraaide hoender
tenders uitgedeel in die toilette so tussen lyne deur snuif
jy behoort jou te skaam Sydie
jou kop moet hang jou wange bloedrooi
bloos swart gat van die suide

 

wit en grys bou die wolke bo makoekoes
hael en reën donder teen sinkdakke spoel
mure weg lê bloot die Russels-dubbelbed met spieëls en glas
ek smeek jou Sydie gee genade

 

Sydie ek druk my ou str8 skouer teen die wiel
sal Huisgenoot/You vir jou voorskryf wat jy moet voel
liefde en haat bowenal onverskilligheid
boepense van maer kindertjies wat jou koud laat
grootoog gedraai na die muur op sy laaste van AIDS

 

Sydie wanneer gaan dit ophou
ophou kinners verkrag
ophou kieries teen koppe laat klap
of hande wat om ʼn keel druk
waar’s jou reën jou son verdonker agter ʼn wolk
moord en bloed skuif voor die son slimmighede soos blitse

 

Sydie jy stink na bloed en stront jou riool loop af in die strate
plastiekblomme raak gespyker aan die doringdraad
vroue sonder toestemming
jy naai die armes deur die ore die hol
hulle staan rye voor jou stink hospitale om hulle te laat toewerk
jou water is vrot daar’s myt in die meel
roes in die klawer ʼn gat in die keel
kinners sterf geel aan grondboontjies met swam
die wabenzi en die bee-em-wobbel-joe’s krys
tafels kreun van steurgarnaal kaiings en pap

 

Sydie waar’s jou vyand nou
die Russe het die aftog geblaas die Kubane afgetjop
soldate pan vir goud op in die DRK
God en sand deurmekaar in jou gekamoefleerde staaldak
stadig geskud geswaai tot die goudstof uitsak
diamante in bloed uit die SAR

 

Haai Sydie ek praat met jou
jou braaivleisvure rook dig soos die zoem van honderde vuvuzelas
bloed spat teen randstene en klippe op die koppie
horisontale boormasjiene ratel sis spuit water
miljoene hoenders kôk daagliks hulle laaste vir jou Sydie
skape aangery in stink lorries vol pis en mis tollies
steier teenmekaar as die lorrie weer wegtrek benoud ingedruk
oë rol wit van die reuk van bloed

 

Sydie stof en son droogte en armoede
geld goud grondeise en genade
ek’s nog steeds niks
stropers sluip saggies agter renosters aan
mag die nag jou genadig wees
die maan jou voet verlig en jou beskerm
teen leeus leuenaars en lenings teen woekerkoerse
teen die gesig in die spieël skuldig en stom
swart soos die steenkool in al jou oosriviere

 

Sydie
Mzansi
hou van my

 

 

(“Die gedig is losweg gebaseer op Allen Ginsberg se America — in antwoord op Marlene van Niekerk se uitdaging van lank gelede om ‘n Suid-Afrikaanse daarvan te skryf — HV”)
© Hein Viljoen 2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Hein Viljoen. Mzansi (onner innie syde)”

  1. Engela Geyer says:
    20 August 2014 at 20:34

    Pas terug na drie weke onner innie syde. Ja, Hein en Waldemar, Sydie Mzansi bly verby woorde wreed en sonder genade. Dankie Hein Viljoen
    vir hierdie gedig.

    Reply
  2. Waldemar Gouws says:
    18 August 2014 at 21:37

    Maria, dit lyk my, om Nietzsche se woorde te gebruik, asof die kuns jou verlei om salig voort te lewe. (O saligheid op note, maar luister ook meer as bietjie na die vasteland se krommes).

    Reply
  3. Maria Snyman says:
    18 August 2014 at 12:46

    ‘n Ware “beweging sur place,” ‘n gekleitrap par excellence, alles is anders net om dieselfde te wees!

    En tog gebeur daar steeds wonderlike dinge, soos byvoorbeeld nou hier met die lees van hierdie “Mzansi (onner innie syde)”! ‘n Slag en saligheid met een slag!

    Sydie
    Mzansi
    hou van my

    Sjoe, dit klink baie mooi vir my!

    Stockenström se “Die komeet besoek die Kaap van verkragting” waarmee Die stomme aarde afsluit kom by op – ek is mal oor die einde:

    Wens dit was ‘n plofkop daar
    skuins bo Vlaeberg se middagkanon
    en dat ek nie tob en rou en wonder
    moet ek ‘n vers oor ‘n komeet skryf?

    Reply
  4. Buiteblaf Breytenbach says:
    18 August 2014 at 09:39

    Sydie, sy ês.

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    15 August 2014 at 21:29

    Ja, dit gaan hier aan, Hein. Die natuur is hier net so onmenslik soos op enige ander plek onder die son, maar die mense is, ek huiwer om dit te dink, seker simptomaties van die ergste soewereine versameling kontrass(t)-e. Bodemloos dekadent en oneindig wreed.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)
  • Ferdi Wheeler. Remissie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
  • Miel Vanstreels. Siekebesoek

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d