Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 20148 October 2014

gilbert gibson. ons het half in die middel

ons het half in die middel

 

ons het half in die middel van die vry-

staat met mindere demone gebly my hare in

hoofsaak altyd kort gesny die sandklipmure

was van meer wind as weer

gegroef die meeste dae was dit berchtesgaden partymaal

stalag luft. die pad dorp toe besaai met die geeste

van meerderwaardigheid, sodat dit vreemd was dat my pa my

nooit teen ‘n ander gewaarsku het nie, daardie

draers van rykdom sonder werk plesier sonder gewete

wetenskap sonder siel kennis sonder karakter politiek sonder beginsel

handel sonder moraliteit aanbidding sonder opoffering.

my maats was egter die een soos die

ander barry en francois en dirk en henkie hatting selfs org,

nou al dood. nie een van hulle het geweet watter soort hond ek het nie

todat die airedale ‘n skaap gevang het, en toe was daardie geheimenis ook ontwrig.

dit is moontlik dat hulle ouers hul teen mý gewaarsku het. dink ek,

en kam my hare terug.

 

 

© gilbert gibson / 2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “gilbert gibson. ons het half in die middel”

  1. maria snyman says:
    12 October 2014 at 09:36

    Definitief vat hierdie gedig iets raak – ek voel geroerd!

    Reply
  2. Hilda says:
    10 October 2014 at 17:11

    “…die sandklipmure
    was van meer wind as weer…”

    Reply
  3. Bernard Odendaal says:
    9 October 2014 at 10:11

    Janee, ‘n boeiende gedig.

    Reply
  4. Marlise says:
    6 October 2014 at 13:59

    goeie gedig hierdie, gg. dit resoneer nou alle rigtings in.

    Reply
  5. Gisela Ullyatt says:
    6 October 2014 at 12:56

    Gilbert, hiervan hou ek! Lekker om ‘n nuwe gedig van jou te lees.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d