Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 November 201414 November 2014

Uitnodiging: Bydraes met betrekking tot T.T. Cloete vir Tydskrif vir Geesteswetenskappe

 

T T Cloete het die mylpaal van 90 jaar op 31 Mei vanjaar bereik. Om hierdie besonderse geleentheid te vier, word beoog om volgende jaar (Junie 2015) bydraes oor Cloete in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe byeen te bring.  Die redaksie nooi belangstellendes uit om bydraes voor te lê ter huldiging van Cloete se merkwaardige voortgesette produktiwiteit as denker en digter. Sedert die vorige huldiging van Cloete in hierdie tydskrif, in Desember 2009, het nog vier publikasies uit sy pen die lig gesien – Uit die wit lig van my land gesny, Onversadig, Die ander een is ek en Karnaval en Lent.

U is welkom om enige aspek van, of enige tydperk in die oeuvre van die digter te belig. U bydrae kan in die vorm van óf ’n wetenskaplike artikel óf ’n gedig wees. Laat ons asseblief teen middel Desember weet of u belang stel om ’n bydrae te lewer en wat die aard daarvan sal wees. Die sperdatum vir inlewering is 15 Februarie 2015, vir oorweging van publikasie in die tydskrif in Junie volgende jaar.

Prof Bernard Odendaal is die gasredakteur en alle navrae moet asseblief aan hom gerig word by Bernard.Odendaal@nwu.ac.za.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Julie 2014

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Heilna du Plooy. Die mens leef nooit alleen nie
Wicus Luwes. Rysjoernaal →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d