Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 November 201430 November 2014

Andries Bezuidenhout. Gedig oor die studente wat in Meksiko vermis word

ÊRENS NÊRENS

“We are nowhere and it’s now.”
– Bright Eyes


“Table top dancing” beloof die Cadillac Bar se uithangbordjie

in ʼn nywerheidsdistrik iewers padlangs

tussen Guadalajara se katedrale en die lughawe.

Hoe vertrek mens dan?

Hou stil, laat die taxi luier,

maak ʼn glas vol en maak dit dan leeg.

Dans Catrina, dans op ʼn tafel

en sing van jou lewenshaat, jou doodsvrees

en vra: Waar is hulle?

Vra dit oor en oor: Waar is hulle nou?

Drie en veertig protesteerders

deur polisieskurke aan skurkpolisie oorhandig

en toe spoorloos. Lyke verbrand, word beweer,

verkool en tot as verweer iewers in ʼn rivierloop.

Oorskot uit sand gesif en vir Switserse genetici gepos.

Nou fynkam moeders kleurbaadjies vir hare,

krap in stortdreine rond

en elders grawe hulle ook, Catrina,

kom op soveel lyke af maar nêrens die studente nie.

Aan wie behoort al die grafte dan?

Knip drie en veertig papiervlae uit

en hang dit aan drade in die strate

om almal daaraan te herinner

dat ons nie weet nie, steeds nie weet nie.

Brand ʼn kers Catrina, brand drie en veertig kerse

of dalk meer en vra: Waar is hulle nou?

Laat ons drink en vergeet, drink aan die vergissings

van garingboomblare, drie en veertig glase,

want hulle lieg, hulle almal lieg

Catrina, in die fees van die lig lieg hulle

want die kinders kom nie terug nie

en hulle wil nie sê nie, skurkpolitici en die politieke skurke.

Waar is hulle?

Waar is hulle dan nou?

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Gedig oor die studente wat in Meksiko vermis word”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    26 November 2014 at 13:59

    En ‘n artikel deur Homero Aridjis, wat hierdie jaar in Suid-Afrika was. (Dankie Breyten Breytenbach.) http://www.huffingtonpost.com/homero-aridjis/mexico-missing-students-protest_b_6203444.html

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    26 November 2014 at 13:19

    Ter verheldering, o.a. oor La Calavera Catrina: http://en.wikipedia.org/wiki/Day_of_the_Dead

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d