VIRRIE JIRRE
Psalm 115
Nie vi onsie, Jirre, nie vi onsie,
ma vi u se genade en u se trou,
sal ons u Naam op onse lippe hou!
Nou kom vra die nasies: Wa bly dié Jirre van jou?
Hy woon innie jimmel, en Hy doen wat Hy wil!
Jille se gotte is klip en klei yt mensehanne yt gebrei:
Hille’t monde, ma hille pratie; hille’t oge, ma hille sienie.
Hille se ore kannie horie, en hille se nese willie rykie.
Hille se voete loop lam en hille se handjies raak rond –
en klei-kele dié kan mossie klinkie!
Jille wat goejoppe maak, jille gat self ok skynheilag raak.
Mens-goed vannie dyne, vetrou oppie Jirre,
Hy’s jille se pyl en Hy’s jille se boog!
Jille wattie Jirre vrees, vetrou oppie Jirre,
jille se pyl en jille se boog!
Die Jirre het ons geonthou, en Hy’t ons gekom seën.
Ons wat Hom vrees, ons sal geseënd wees.
Hy sal ons meerderder maak, ons en onse kinnerse.
Dis nou dieselle God dié wattie jimmel ennie aarde
in Hom heilage hanne hou.
Die jimmel is virrie Jirre ennie aarde issie mense s’n.
Asems wat kla gevetrek het, kannie van God getygie,
ma ons wat nog lewe, ons, ons moet Hom lowe! Etse!
(c) Hans du Plessis / 18 Januarie 2015

Dankie
Pragtige Psalm115! Dankie . Ons ontvang graag ander pos.
Pragtige Psalm 115! Ons ontvang graagander dankie..
kan u my asb aanteken om blog inskrywings en ander wetenswaardigheid te ontvang. Baie dankie.