Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 20159 February 2015

Zandra Bezuidenhout. Verjaardagrym vir ‘n Sestiger op sewentig

VERJAARDAGRYM VIR ‘N SESTIGER OP SEWENTIG

 

Dié man, hy was ‘n Brink gewees,

besoek die kampus heel bedees.

Dit was die jare sestig toe,

Parys se dinge hier taboe.

So kom die jonge André P.

‘n lesing vir studente gee.

Van eksistensie wis ons niks,

ons kort ‘n skrywer as ‘n gids!

Hoe avant garde, hoe Frans sy flair;

‘n literêre porno-ster!

Ja, op sy wange het die blos geskyn

van ademlose nagte langs die Seine.

Ons hoor hy was waaragtig daar

met al die grotes deurmekaar.

Die klong van Potch noem almal op die naam:

van Robbe-Grillet en Levi Strauss

tot al die skrywende mesdames

met wie hy (miskien nooit) so hartlik was.

Dan lispel hy “Francoise Hardy”,

en bry sy “r” tot donker “g”.

Hy sê hy’t dae omgesit in Deux Magots,

gebras daar oorkant by die Lipp ook glo.

Die man se binnegoed was Frans,

ons kry dit alles eerstehands.

Barnard, Rabie en Leroux

klink skielik mak en taamlik “toe”.

Breyten was nog aan die blom;

sy dag sou laterjare kom.

 

Dié sater-sestiger had reeds statuur

wat lyf gee aan ons literatuur.

Hy kon vertel van jouissance

wat trillings stuur deur Afrikaans.

“Lokaal” en “realisties” was verby:

nou kon mens letterkundig vry;

charmeur, ambassadeur, wat jong studente

verlei met visies van die dekadente.

 

Jare later wil ons by die terugdink

‘n  ietsie op sy invloed skink.

Lig ‘n glas: salut aan hom,

‘n laat-lobola vir ons bruidegom.

Intussen kyk dieselfde Brink, op sewentig,

soos daardie dag

so effe skalks, so skamerig.

Eenmaal het hy in onse taal

‘n orgie aangestig,

as jongeling, dekades terug.

 

(Die gedig het voorheen verskyn in Tydskrif vir Letterkunde. 2005.
Temanommer: Andre P. Brink @ 70. Pretoria: Letterkunde-Vereniging. 213 p.)
© Zandra Bezuidenhout /2015

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans: André P. Brink
Zandra Bezuidenhout. Aan die Groot Maroela →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d