Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 February 2015

Trienke Laurie. Woestynverplaaste

Woestynverplaaste

Vlug ek na die stad,
ontmoet ek U daar,
praat U met my
uit die mond van ‘n vreemdeling.

Vlug ek na die woestyn
weg van die geroesemoes,
is U in elke korreltjie sand.
U sien my van ver
soos ‘n lalapalm of dadel-
wat by ‘n oase staan.

In die morsigheid van my sonde
in die warboel van my emosies
die uitstort van my trane
voel ek steeds u nabyheid
soos lawende water
soos my eie sweet.

U koel my emosies af
soos die bloed van die gemsbok afkoel
in die wondernet van are in sy neus
en onder sy brein
só oorleef ek hittige aanslae
van mens en versengende son.

U lig my denke
sodat ek vergeet van myself.
In die vergetelheid van duin op duin
word U meer as ‘n lugspieëling
word U werklikheid vir my.

Al wat luuks is
het ek agtergelaat
en is nou net aangewese op U.
Maar U is alles.

Ek wéét van U gesig wat blink
soos die lig soggens op die duinekam
en die weerkaatsende lig
in die dou van elke plakkie.

In hierdie stilte
hierdie eensaamheid
hoor ek U brul soos die duin
met sy kruimelende korrels sand.

In die skadu van die sekelduin
in my bangheid, is ek dapper,
want ek is by U
‘n nietige luis in die pels
van ‘n bakoorjakkals of woestynwolf.

Hier, in die dorre wêreld,
word my hart sterk
soos die harde melkwit hart
van die dadelpalm,
delf my wortels diep,
my begeertes gekonsentreer
in my soeke
na u ewige water.

 

© Trienke Laurie / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d