Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 201520 February 2015

Marius Crous. Twee verse vir myself (1965 – 2015)

TWEE VERSE VIR MYSELF (1965-2015)

I

Vedi? Ē venuto!

op so ‘n dag vir surfers in die baai

sal ek ‘n seil span op hobie beach

-junie in die baai immers nie soos nat soos die kaap nie –

met butterfly oor die kar se speakers

kniel in my life is life t-hemp

met ‘n gesteelde tasji ter hand

 

ritualisties my na 50 onleefbare jare

(just another fuckin beautiful day in africa)

oopspleet vir die omstanders

derms vir die meeue en scoops vir die herald

 

wie sal neurie in die agtergrond

dalk ‘n koortjie van karoppassers en –wassers

khasiha khumin

mimikus van die plein voor kfc

sal witgesmeer my suzuki speel

hy moet my bene vasbind

vir die fatsoenlike omvalslag

(alles vooraf gereël

my motorsleutels huissleutels selfoon beursie in sy agtersak)

 

kom dood my pinkerton

in jou wit skip

 

roep my van ‘n afstand

(daar was nie tyd vir kaboekie rouge op die wange

darem skoongeskeer maar sonder talkum)

 

vuur met ons uitvaart

‘n salvo af

 

 

II

sal ook ek van ‘n balkon in ‘n vreemde stad

vlieg met my hoteljapon ‘n valskerm

my hare ‘n stralekrans van rooi

 

val

 

om ander se pret te bederf

(mos altyd die een sonder lag       die preker)

 

hopelik in ‘n vreemde stad

met ‘n vreemder gemaal

ingetrap word in die sypaadjie

saam met die kots en die nagvuil

afgespuit word van die blokke

as dit dag word

en dis stil

 

met tempelghongs op die heuwels

die wierookdans van die opkomende son

alles in ‘n taal

waarin ek met gebare leef

 

waar geen marmerklip my sal gedenk

geen vierkant gruis aanbid kan word

geen blomme geen plastiekkranse

vergeefse trane en vroom woordjies van onthou

 

my lewe inraam

aum

 

 

(c) Marius Crous / Februarie 2015

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wenners van die lykdig-kompetisie!
Resensie: “Takelwerk” (Daniel Hugo) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d