Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 April 201526 April 2015

Karen Kuhn – Oor ’n plek

Oor ‘n plek

 

Oor reis

 

om my stilte

te oorleef

om vreemd

ander klanke

te beleef

en

 

andersom

 

te reis

en alles anders

oor te skryf

en

 

andersom

 

jouself

laat vaar

’n Blog oor wag. As jy op pad is. ’n Plek waar jy nie foto’s neem nie, hulle eerder ontwikkel, oor ’n plek sonder ’n moedertaal, dis international, whatever dit beteken. ’n Blog oor ’n plek met sitplekke, wagtyd, buite tyd en heeltyd aankondigings, asem ophou;

 

Oor sit

 

Op ’n stasie

op ’n stoel

langs mekaar

vreemd weer

oor herken

op ’n lughawe

op ’n sitplek

langs mekaar

vreemd weer

oor onthou

in ’n  hawe

op ’n bankie

langs mekaar

vreemd weer

oor tuis raak

in jouself

terug te gaan

in plek ry

vaswortel

deur nou

in plek sweef

terug te gaan

in plek vaar

vir môre

om te groei

deur spasie

soveel oop plekke

oor net stil

te sit

 

’n Blog oor aankoms. As jy tuis is. ’n Plek waar jy foto’s vir mure gee, oor ’n plek met ’n taal, jou eie, en alles wat beteken. ’n Blog oor ’n plek vir lê, betyds, en heeltyd kondig stilte aan. Oor ’n plek waar jy uitgepak, rustig sug;

 

Oor groei

 

Jou weggaan

het ’n ruimte

tussen my bene

gelaat

nou as ’n borskas

vasgegroei

deur elke

vervelling

 

en almal tuis laat weet alles is okay;

 

Oortuig

 

Die tronkdeur

bly toegesluit

watter kant

staan jy?

 

Hulle trou nie

hulle het ’n mortgage

watter oomblikke

onthou jy?

 

Standbeelde val

in ewigheid

watter periode

lees jy?

 

Daar’s ’n plek

sonder twyfel

met baie plek

glo jy?

 

Oor ’n plek waar jy inboek en oor ’n plek waar jy oorskryf.

 

 

© Karen Kuhn / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d