Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 April 20159 April 2015

Louis Esterhuizen. “‘n Villanelle vir die aarde”

‘n Villanelle vir die aarde

 

Want ‘n klip is die aarde se dagboekinskrywing

en ons vertrou daaraan toe die inskripsies van ons verblyf:

van grafsteen tot monument, van bouwerk tot ruïne.

 

En jy staan in die middel van ‘n veld tussen berge,

weeg in jou hand die geswolle gewig van ‘n stromatoliet.

Want ‘n klip is die aarde se dagboekinskrywing.

 

En jy bekyk die uiagtige stulpings van bakterie

en sediment: soveel water, soveel groei,

van grafsteen tot monument, van bouwerk tot ruïne –

 

En delikaat met die kalksteenlagies vergroei, die tyd

wat skelet geword het in die karstvlaktes van ons verblyf,

want ‘n klip is die aarde dagboekinskrywing.

 

En jy weet nie wat om daarmee te doen nie; jy onthou

soveel klip wat gebreek word, die hamer en pik

van grafsteen tot monument, van bouwerk tot ruïne –

 

Die hordes mense uiteengedryf, verlore langs skrikroetes

van soveel gebalde vuiste en opeengestapelde vrees.

Want ‘n klip is die aarde se dagboekinskrywing

van grafsteen tot monument, van bouwerk tot laaste ruïne.

 

(c) Louis Esterhuizen / April 2015

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Louis Esterhuizen. “‘n Villanelle vir die aarde””

  1. Hennie Nortje says:
    23 April 2015 at 19:53

    Louis, aan hierdie daad van jou grens inderdaad ‘n ewigheid. Gloeiende digterlike geologie. Welgedaan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d