Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 May 201531 May 2015

Loftus Marais. Zuma, met glimlag, en op perd

Zuma, met glimlag, en op perd

’n Staatsportret

 

sy lyf hou dan sy kop op nes ’n kwallerige globus cruciger?

die perd se kleur (’n suiwer prul) is onbelangrik, dit is spier

en agterpootgestaan te midde ’n besetenheid van fril:

die wolke- en valleiekartels, maanhaar, kraag en amashoba, dik lyf

gedrapeer, heil die vors se halfreptiele blik, ’n skeelte wat besit

met stuthol stewig nar en ook despoot gesaal en kaalkopfier

op hierdie alpekruisgeskikte dier! dis dubbelken as onderbak-

lourier, sy arm in ’n pakmou én ook luiperdvel omhoog:

’n vuisopkoms oor selfs die mhlatuze in die agtergrond

die lig op alles bont en skerp soos hoë kekkellag ’n hê

hê hê, sy bril se glas getint en aaa die gloor van fyngeweefde

rykmansdas! kyk die ondertandjies spits geverf so onverwags

subtiel en diakrities bo die lip en meer opmerklik as die

goue kettings oor die skouerknop, leisel in die linkerhand,

voorwaarts voor die vigsbesmette moederland, ons sug, hy pof

en praal en blaas (so anders as ons netnet ondertaalse soort

geslaak) dis grinnik-runnik-lag, die fokken kommingeit van mag

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Die boekhandelaar se vreugde
Loftus Marais. Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond →

3e gedagtes oor “Loftus Marais. Zuma, met glimlag, en op perd”

  1. marlies taljard says:
    13 June 2015 at 10:27

    Die slotreël is manjifiek!!

    Reply
  2. Desmond says:
    1 June 2015 at 08:52

    Skitterend. ‘n Honderd kritiese koerantberigte kan nie doen wat Loftus Marais hier regkry nie. Min mense dink dalk eerstens aan Marais wanneer hulle aan politieke digters in Afrikaans dink, maar wanneer hy die dag politieke en sosiale kommentaar lewer in ‘n gedig, is hy vlymskerper as die meeste. Gaan lees maar weer sy tweede bundel.

    Reply
  3. Gert says:
    31 May 2015 at 17:57

    Wees dankbaar dis nie Turkmenistan nie
    .
    http://www.washingtonpost.com/blogs/worldviews/wp/2015/05/25/turkmenistans-leader-infamous-for-falling-off-a-horse-unveils-a-giant-statue-of-himself-riding-a-horse/

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d