Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 August 201519 August 2015

Loftus Marais. Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond

Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond

 

om lyf te hê, is reeds intieme kennis van oordadigheid en maak

nie saak hoe slank, ons vleis is swelsel en jy stoel ’n pose altyd,

die gepofte okselvoutjies tussen bors en biseps, mens is spier en vet

en swaartekrag en ons sit uit in kamers skadurig van hout en vuil

grys lakens. kyk gots selfs die lig is log, maar wat is naaktheid só?

nie kwesbaarheid, blatantheid, waarheid nie, dis net dat kuitbol

en die rooier vlek van nekvel en van balsak glad nie rym met

elegansie nie: besef daar is ’n soort bevalligheid in fiksies dat portret-

poseer ’n diep gelate ding is. sitters, lêers gee hul kamtag oor

aan stolsels tyd. nee, ons is eintlik selfbelig, aanstellerig, meer klont

en olie, en ons dubbelkenne du ’n houding in, die dra van been en rolle

noem ons sommer “eerlikheid”, van verfkant ook, gaan kry jou kuns-

boekkleurlys: “fawn” en “lion”, “chamoisee” en “battleship” en “wheat”?!

totdat ’n windhond om die deurlys trap, die ateljee se assistent

van ongeërgdheid, en hy snuif aan elke ongeraamde boep

en skaamlip want ’n windhond is gepunte raaisel, ook veral vir

rigtinglose natbeoogde subjekbolle. buig jou knobbelhand so oor

die hond se kop, sit terug, om lyf so met jouself te vul is om ’n mens

te wees. en dalk wens ons die troeteldier daarby, want ja ’n windhond

is ’n skerpte, boog, sy aandag lig op iets daar vóór sy vlees.

 

© Loftus Marais / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jo Prins. vallers
Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d