Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 201518 August 2015

Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond …

Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond met spesifieke

verwysing na die latere werk van Lucian Freud

 

watter weeksdag is die wind-

hond? mens wil dink ‘n woens-

dag, maar, nee: die windhond

is dunner, en ’n dinsdag, dus.

 

wie se kind is die windhond?

die aanteelt van ’n kuitspier

en ’n kantgordyn, of die klein-

tjie van ’n jakkals en ’n sweep?

 

is die windhond meer wenk-

brou of meer tong en waarvan

droom die windhond? wilder-

nis of kussing? oopte

 

of oksel waarin hy sy neus kan

wegsteek? is die windhond met ‘n

rede presies so wyd soos die spa-

sie tussen kardeur en die sit-

 

Plek, of is alles net toevallig? hoe weer-

loos is die windhond werklik? meer

of minder as wat sy effensheid en

bewerasies suggereer? laastens:

 

as die windhond dan ’n leesteken was,

watter leesteken sou hy wees?

’n komma wat ’n asemteug aandui

of die vraagteken op die laken

 

langs die hompe mens?

 

© bibi slippers / 2015

“Gedigte vir Lucian Freud se windhond” – Digters by The Whippet in Linden: Melt Myburgh, Bibi Slipppers, Loftus Marais en Andries Bezuidenhout.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Loftus Marais. Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond
Nuwe publikasie: Fotostaatmasjien (Bibi Slippers) →

3e gedagtes oor “Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond …”

  1. Jaco says:
    10 October 2015 at 20:12

    Ai, hoe verlang ek nou na julle! Bibi, dis eenvoudig beeldskoon. J

    Reply
  2. charl-Pierre Naude says:
    9 October 2015 at 17:21

    Hierdie is ‘n absoluut fantastiese gedig.

    Reply
  3. Lewies Botha (Skara Mak) says:
    5 September 2015 at 17:56

    Ek lees so lekker aan die gedig. Bibi Ek hoop vir nog baie meer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d