Wat het geword van
Ietwat onkant met die vraag:
hoeveel digters is daar in Afrikaans.
Ek skat, seker tweehonderd en vyftig,
almal weliswaar nie lewend meer,
want digters gaan ook dood.
Daar’s gerugte van sommiges wat direk
na die hemel sou opvaar,
ander weer met ‘n kortpad
ter helle neergedaal,
maar meeste digters gaan,
as ál hulle gedigte geskryf is,
soos gewone sterflinge
nét dood.
© HJB 02/2016
Dankie Gisela
Baie treffende gedig, Hendrik.