Hendrik J. Botha. Rooikappie revisited
Rooikappie revisited
Franziska Blöchliger -7/3/2016
Jy, jou ma en ‘n hond
op ‘n drafstap deur die Tokai-bos,
jou hare sorgvry los
wanneer jy besluit om ompadlangs
vooruit te draf.
Geen houtkapper egter nóú in die verhaal
om die wending te bepaal.
Geen wolf op die toneel om oop te skeur,
jou ongedeerd te bevry,
soos van weleer.
Net tekens op die grond
van worsteling en angs,
kneusings aan jou dye, hals,
semenvlekke op jou klere,
die wolf se spore in die sand.
© Hendrik J. Botha /2016
Hartseer
Roerende gedig, Hendrik.
Dankie.