Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 May 201626 May 2016

Bernard Odendaal. “raar maak waar”

raar maak waar

aan wyle ttc

 

waarneem maak kwarke waar

en leptone

wat niks en nêrens was iets hier of daar

 

donkerver sterre   sterspirale  sterrestelseltrosse ontketen glans en al

’n lig-

palimpses

wanneer ’n ruimteteleskoop se prakseerpupil

skoon staar

van nou tot toet op toet

 

doofpotstil

is beethoven sonder sy gehoor

in konsertsale   sy polifone

geluid elektrochemies onbewoë tot vol gemoed

die lied van riete   gebroke ruiswind   faal

sonder luister

sonder gerugmaak in ’n gedig

 

tree liefde nie uit ons in die bres

nie word gemis nie geheel nie tot paar gesin gemeenskap nie getransendeer nie

die uitsoekroos

word oën-skynlik eers iets wonderskoons

moet hom sy welriekendheid aan ’n neus getroos

 

bly godpartikels wiskundig onvermoed

dan word die knal van krag tot dinge nie gekloon

nie in ’n megaversnellertonnel gesimuleer nie

sonder ons modelle raak ons dalk ’n multiversum byster

 

aldagwonders word gewaar

in rare lewens van somtyds meer as neëntig jaar

 

(c) Bernard Odendaal / Mei 2016

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← In memoriam: T.T. Cloete (31.05.1924 – 29.07.2015)
Bekendstelling: Huldiging van NP van Wyk Louw 50 jaar later →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d