Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 October 20191 November 2019

Bekendstelling: Huldiging van NP van Wyk Louw 50 jaar later

VWL 50 jaar later 

Fyn net van ’n durende versgesprek

 

N.P. van Wyk Louw is al deur die literator Helize van Vuuren bestempel as die “heersende vors” van die Afrikaanse digkuns in die eerste helfte van die twigtigste eeu. Breyten Breytenbach sien sy as die “kroonprins”, en uiteindelike troonopvolger sedertdien.

Vroeër vanjaar is Breytenbach se tagtigste verjaarsdag hier op Versindaba met opwinding gevier, soos ook elders in die Afrikaanse kultuurwêreld. ’n Welige ruiker “Gedigte vir Breyten Breytenbach”, op uitnodiging geskryf deur ’n sewentiental eietydse digters, is onder meer op 16 September 2019 op Versindaba aan hom “oorhandig”.

Volgende jaar, meer presies op 18 Junie 2020, sal ’n halfeeu verloop het sedert Van Wyk Louw se afsterwe. Ons weet dat daar ook deur ander instellings beplan word om dié goue gedenkjaar vir die Afrikaanse letterkunde te vier. Tot dusdanige vieringe wil Versindaba bydra deur spesifiek sy digkunsnalatenskap in die kalklig te plaas.

Louise Viljoen, ’n ewe bekende Afrikaanse literator as Helize van Vuuren, en ’n gereelde inhoudbydraer van die Versindaba-webwerf, het elf jaar gelede in ’n vakwetenskaplike artikel uitgebrei oor die destyds bestaande “digterlike gesprekke” met Van Wyk Louw in Afrikaans. (Dié artikel is beskikbaar elders op hierdie webwerf. Kyk by https://versindaba.co.za/tag/louise-viljoen/.) Sy durende, steeds sterk gevoelde teenwoordigheid in die Afrikaanse poësielandskap blyk onses insiens ook uit digwerk wat die afgelope dekade verskyn het – en waarop ons hoop om ook die lig te laat val.

Intussen wil ons vroeg in 2020 afskop met weeklikse plasings van nuwe “digterlike gesprekke” met Van Wyk Louw, deurlopend tot op sy sterwensdatum.

In ooreenstemming met die bestaande praktyk op Versindaba, rig Versindaba, in samewerking met Ronél Johl en Bernard Odendaal, ’n uitnodiging aan reeds gepubliseerde digters by erkende uitgewers om nuutgeskepte gedigte aan ons te stuur ter huldiging van Van Wyk Louw en sy digterlike nalatenskap. In sulke verse moet hy en sy digwerk aangesny of in die herinnering geroep word, sy dit op huldigende of voortskrywende, maar ook op satiriserende, ironiserende of selfs teensprekende trant.

Die e-posadres waarheen sulke bydraes gestuur moet word, is marlies.taljard@nwu.ac.za

Hou ons kennisgewings en hierdie ruimte op ons webwerf dop vir die begin van ’n wederwoordonthaal van een van die allergrootste geeste wat ons taal opgelewer het.

 

NALN. NP v Wyk Louw uitstalkas

 

NP van Wyk Louw

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Inhoud: VWL 50 jaar later
N.P. van Wyk Louw 50. Hein Viljoen →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d