Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 March 2017

Andries Bezuidenhout. Persea Americana

(offer vir Huitzilopochtli)

“Don’t fence me in,” sing Eddie Sakamura karaoke.
Ek dink aan die son wat te vinnig ryp word
en tot by die pit vrot. O avokadopeer, Meksikaanse fonds,
hulle beweer jy’s sommer net ʼn oorgewig bessie
maar vir my is jy offer aan die god van smaak.
Die Asteke roep jou āhuacatl (verwysing na jou balsakvorm)
al hang jy aan tweeslagtige bome.
Was Spanjaarde hiérvan bewus toe hulle jou sommer aguacate noem?
Blikoor Engelse hoor regsgeleerdes en doop jou avogato pear
en daarna verval jy in vrye klankassosiasie as alligatorpeer en avokadopeer.

Nie dat jy jou hieraan steur nie. Hulle pluk jou eers,
jy besluit self wanneer jy reg vir eet is.
Kyk hoe kneus hulle jou tussen winkelrakke
skud jou om te hoor of jou hart al klop.
Hulle draai jou in koerante toe, kyk daagliks vir rypwordnuus.
Slaan een dag oor en jy’t reeds van groen na grys versmoor.
Nou verstik hulle jou met etileengas, verkwansel jou as “ripe and ready to eat”.
Versigtig! Hulle gaan jou met tandestokkies kruisig,
jou pit in ʼn waterfles doop.

Avokado, wispelturige vrug –
lyk soos peer of knater, klink soos alligator,
maar proe net soos jou heilige self.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Persea Americana”

  1. Engela Geyer says:
    8 March 2017 at 21:55

    Pragtig – sien uit na uie en knoffel!

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    7 March 2017 at 16:09

    Carina, ek is bly die avokado val in jou smaak! 🙂 Nou gaan ek uie en knoffel ook aanpak.

    Reply
  3. carina says:
    7 March 2017 at 11:21

    ‘n Ode aan die avokado! Onherhaalbaar goeie gedig, Andries.Ek hou van klein geskiedenisse.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d