Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 July 2017

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil Afrikaanse skrywers help om ’n internasionale deurbraak te maak

Die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds het een sentrale doelstelling: om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel. ’n Letterkunde wat nie in vertaling beskikbaar is nie, kan nie onder wêreldletterkunde gereken word nie.

Ons het reeds gesien hoe vertalings van die werke van Karel Schoeman, André P. Brink, Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden oorsese kritici beïndruk het. Een Duitse kritikus het Schoeman selfs as die nuwe Thomas Mann bestempel na aanleiding van die vertaling van sy Afskeid en vertrek.

Ook Breyten Breytenbach en Antjie Krog het via vertaling hul merk in die wêreldpoësie gemaak. En wanneer dit kom by misdaadfiksie, bevind Deon Meyer hom in die grootste internasionale geselskap.

Dit is ons oortuiging dat baie meer van die huidige geslag Afrikaanse skrywers verdien om hul werk in ander tale vertaal te sien.

Weens die gebrek aan ’n Afrikaanse vertaalfonds, ’n baie algemene verskynsel in ander lande, was dit voorheen besonder uitdagend om vertaalregte vir Afrikaanse skrywers se werk te verkoop.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys(TAO), wil hierdie leemte vul deur die vertaalkoste van verdienstelike werke gedeeltelik of ten volle te befonds. ’n Buitelandse uitgewer kan nadat daar ’n ooreenkoms met ’n Suid-Afrikaanse uitgewer bereik is, by dié fonds aansoek doen om vertalingsbefondsing vir werke in die volgende genres: romankuns, poësie, kortverhale, narratiewe niefiksie (biografieë, geskiedkundige en aktuele werke) of teksgebaseerde kinder- en jeugboeke.

Belangrike oorwegings wat in ag geneem sal word om die meriete van aansoeke te bepaal, is of die betrokke skrywer se werk reeds in vertaling beskikbaar is; of die betrokke werk genomineer is vir plaaslike literêre toekennings en/of literêre pryse gewen het en of die betrokke werk goed plaaslik verkoop het. Die buitelandse uitgewer se planne ten opsigte van die verspreiding en bemarking van die vertaalde werk sal ook in ag geneem word.

Befondsingsaansoeke sal twee keer per jaar oorweeg word. Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met meer volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: http://www.litnet.co.za/reglement-vir-die-pen-afrikaans-vertaalfonds/

Navrae kan gerig word na: penafrikaans@gmail.com

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds meeste vertalings nog →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d