Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 January 20182 February 2018

Pablo Neruda. Vertalings in Afrikaans

Pablo Neruda. Vertaal deur De Waal Venter

.

El Perezoso

Pablo Neruda

 

Continuarán viajando cosas

de metal entre las estrellas

subirán hombres extenuados

.

Die luiaard

 

Hulle sal aanhou om tussen die sterre

te vaar, hierdie goed van metaal,

moeë manne sal opstyg

om die sagte maan geweld aan te doen

en daar hulle apteke te vestig.

 

In hierdie tyd van die uitgeswelde druif

begin die wyn lewe kry

tussen die see en die bergreekse.

 

In Chile dans die kersies,

donker meisies sing

en water skitter in kitare.

 

Die son raak aan elke deur

en maak ’n wonderwerk van die koring.

 

Die eerste wyn is rooskleurig,

soet met die teerheid van ’n kind

die tweede wyn is kragtig

sterk soos die stem van ’n matroos

die derde wyn is ’n topaas,

’n papawer en ook ’n vuur.

 

My huis het die see en die aarde,

my vrou het pragtige oë

die kleur van wilde haselneut,

wanneer die nag kom

trek die see wit en groen aan

en later droom die maan in die windskuim

soos ’n meisie van die see.

 

Ek wil regtig nie van planeet verwissel nie.

 

(Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter / 2018)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wicus Luwes. Ode aan ‘n Souttekort
Pablo Neruda. Vertaling in Afrikaans →

8e gedagtes oor “Pablo Neruda. Vertalings in Afrikaans”

  1. charl-pierre naude says:
    2 February 2018 at 17:29

    of mens kan net die “van” uithaal, en die “planete” behou.

    Reply
  2. De Waal says:
    2 February 2018 at 06:30

    Verander asseblief.

    Reply
  3. Webmeester says:
    1 February 2018 at 23:54

    de Waal, moet ek planete na planeet vir jou verander? Ons is darem nou weer aanlyn.

    Reply
  4. Waldemar Gouws says:
    31 January 2018 at 21:57

    Dankie, De Waal. Met “planete” sou mens moes dink aan ‘n iteratiewe, NASA-beneukte verfynde plegtige konyngehop van gehumaniseerde planeet na planeet. Ek dink Neruda het ‘n eenmalige opruk na elders afgekeur.

    Reply
  5. De Waal Venter says:
    31 January 2018 at 11:46

    Helize en Charl-Pierre: ek waardeer julle opmerkings. Dankie.

    Jy is heeltemal reg, Waldemar. Die “planete” moet enkelvoud wees. Ek stel dit reg in my Neruda-lêer. Dit is een van die waardevolle dienste wat Versindaba lewer – ingeligte lesers kan mens help om foute reg te stel.

    Reply
  6. Waldemar Gouws says:
    30 January 2018 at 21:25

    Die man kan soos niemand anders namens die aarde praat nie – geosentries, sou God sê.

    Dankie, De Waal! Net terloops, is daar ‘n rede vir die meervoudsvorm van “planeet” in die laaste reël? Ek ken slegs “van plek/planeet verwissel.”

    Reply
  7. Charl-Pierre Naude says:
    30 January 2018 at 17:16

    Absoluut pragtig!!!

    Reply
  8. helize van vuuren says:
    29 January 2018 at 18:00

    Pragtig!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d