Pablo Neruda. Vertaal deur De Waal Venter
.
El Perezoso
Pablo Neruda
Continuarán viajando cosas
de metal entre las estrellas
subirán hombres extenuados
.
Die luiaard
Hulle sal aanhou om tussen die sterre
te vaar, hierdie goed van metaal,
moeë manne sal opstyg
om die sagte maan geweld aan te doen
en daar hulle apteke te vestig.
In hierdie tyd van die uitgeswelde druif
begin die wyn lewe kry
tussen die see en die bergreekse.
In Chile dans die kersies,
donker meisies sing
en water skitter in kitare.
Die son raak aan elke deur
en maak ’n wonderwerk van die koring.
Die eerste wyn is rooskleurig,
soet met die teerheid van ’n kind
die tweede wyn is kragtig
sterk soos die stem van ’n matroos
die derde wyn is ’n topaas,
’n papawer en ook ’n vuur.
My huis het die see en die aarde,
my vrou het pragtige oë
die kleur van wilde haselneut,
wanneer die nag kom
trek die see wit en groen aan
en later droom die maan in die windskuim
soos ’n meisie van die see.
Ek wil regtig nie van planeet verwissel nie.
(Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter / 2018)
of mens kan net die “van” uithaal, en die “planete” behou.
Verander asseblief.
de Waal, moet ek planete na planeet vir jou verander? Ons is darem nou weer aanlyn.
Dankie, De Waal. Met “planete” sou mens moes dink aan ‘n iteratiewe, NASA-beneukte verfynde plegtige konyngehop van gehumaniseerde planeet na planeet. Ek dink Neruda het ‘n eenmalige opruk na elders afgekeur.
Helize en Charl-Pierre: ek waardeer julle opmerkings. Dankie.
Jy is heeltemal reg, Waldemar. Die “planete” moet enkelvoud wees. Ek stel dit reg in my Neruda-lêer. Dit is een van die waardevolle dienste wat Versindaba lewer – ingeligte lesers kan mens help om foute reg te stel.
Die man kan soos niemand anders namens die aarde praat nie – geosentries, sou God sê.
Dankie, De Waal! Net terloops, is daar ‘n rede vir die meervoudsvorm van “planeet” in die laaste reël? Ek ken slegs “van plek/planeet verwissel.”
Absoluut pragtig!!!
Pragtig!