Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 February 20186 March 2018

Breyten Breytenbach. “Mehr licht! Mehr licht!”

« MEHR LICHT ! MEHR LICHT ! »

 

en indien ek in sou slaap

in hierdie ruim en ligte vertrek

op die lakenbedekte rusbank voor die groot vensters

wat ‘n uitkyk bied op die wye strand

deur wind uit die berg daar bo

woordwit gevee

en die soom van branders

se onhoorbare vertel

van ‘n blou brandglas oseaan

waar die son bo sweef soos ‘n glinstering

tot aan die einder

tot aan die einder

 

sal jy    wanneer    die kamer gaan skemer

die lampe aan kom skakel

sodat die skulp van helderheid

deursigtig kan bly en tog

die tog nomadiese sterre oorhoofs

op reis na ‘n donker wegraak

mik mag rig

en al die eindeloosheid

van ‘n verspieëlde dag se gloeiing

soos huid anderkant die ruite bly flonker ?

 

en later in die nag wanneer ek

ontslaap het

nog oopoë slaap om my te verslaap

in die verskulpte lig se draaikolk diepgang

as die hemel weer verbleek tot as

maar nog skuins gedagbreek

van daardie uur waar grense tydloos is

en die droom

‘n roombleek vel ongeskrewe woorde

op die sand kom lê tot vervulling

in spore wat uit beweging

gebore verstom

en die getye moot om alle vergeet

weer vol te stoot

en die matroosbeendere tot klank te maal

 

sal jy die ligte dan kom doof

sodat die grootvertrek nie

   ‘n bespotting getrek oor die betekening

van die buite kan word op die bewe-beweging van binne nie

                                              sodat die oorgang

                                    soomloos mag ontvou en vloei

                                               tot aan die einder ?

                                               tot aan die einder ?

 

 

[© Breyten Breytenbach / 2018]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Nagpsalms
Breyten Breytenbach. (m)aanwesig: die saamnaat ‘n landelike berig →

2e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. “Mehr licht! Mehr licht!””

  1. Marianne de Jong says:
    28 February 2018 at 15:33

    Kan ons Goethe se opmerking “Mehr Licht!” saamlees met hierdie vers(e)?

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    27 February 2018 at 10:46

    Viva Breyten, viva in woordwit
    helderheid!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d