Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 201818 November 2018

Clinton V du Plessis. With or without you

With or without you

(U2)

 

 

Soms

word ek snags

in onbekende plekke langs jou wakker

bly dan só lê

te bang om jou ritme te versteur

ek luister gespits en stip in die donker

na die geluide van elke nuwe bestemming.

 

Soms

‘n stad se sinlose

banaal drukgang van bestaan

lééf diep die nag in

die wemel van lyf

die wroeg in verkeer.

 

Soms

aan die kus

bly die branders deur die nag breek

maar jy bly slaap

en ek luister na jou

bang vir wanneer jou asem

eendag stil sal wees.

 

Here, wat doen ek dán, só sonder jou?

 

Soms

op dorp

skaars aan mens

staan ek saans

op, staar na die suinige straatlig buite

die oordaad donker

en sterre skerp en helder

gespikkel, gespansel, gestrooi

teen die ruim se plafon

ligjare ver

dán maak ek jou wakker

en ons verwonder só saam.

 

Soggens sien ons hoe dit welig

boom, blom en bedding

skoenlapper en by en vink

in vlug.

 

Dit lewe. Ons sterwe met elke hartklop.

 

Ek en jy is toeriste

sonder padkaart

sonder kompas

sonder stuurwiel in die hand

soms dut jy teen my

ons hande vervleg

maar, ek bly wakker

ek lees die teks van die landskap

deur die bus se venster:

 

oer is die heuwel en berg

dor die bossie

bang blink die oog van dier

stil sitskuil die sterwe op ons skouers.

 

Die dood vra nie paspoort of visum nie.

 

Ons reis stadig, tydsaam saam

na iewers, waar ons hoop ons pad nêrens sal vurk nie.

 

Want, wat doen ek dán, hoe bly ek beweeg

só sonder jou?

 

 

 

© Clinton V du Plessis / 2018

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Clinton V. du Plessis. Sela
Clinton V du Plessis. Outobiografie →

1e kommentaar op “Clinton V du Plessis. With or without you”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    17 November 2018 at 13:12

    Geweldige mooi reels in hierdie gedig. Ek wonder wat die geografiese aksis is: P.E. – Cradock? Wonder maar net.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d