Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 November 201515 November 2015

Clinton V. du Plessis. Sela

Sela

Die see gee nie meer vis nie, meneer
nou sit ons net hier rond
en wag,
die boot
die skippers
die crew
hier langs die witgekalkte huisies
met die kat op die stoof
die vrou wat moan
en die kinders wat nie verstaan nie.

Ons het nog net die view oor, meneer
befokte view, amper paradise,
maar om die view regtig te appreciate
het jy ‘n maag, met ietsie in nodig, meneer
maar hulle praat van ons moet skuif
die developers wil hierdie strand afkamp
hekke en booms,
controlled access,
right of admission reserved
amper soos in die ou dae,
maar nou tel die kleur nie meer
dit is die geld wat tel, meneer
jy het of jy het nie.

Here, meneer,
kyk hoe mooi skuimwit boggel hy daar
daardie brander,
elke oggend staan ons op
maar selfs die bietjie vis
kan ons nie hoek nie, meneer
want ons het ‘n permit nodig
om te mag nette gooi, meneer.

‘n Minister was self hier
laas jaar,
met drie body guards
blink van kar
rond van figuur,
met ‘n stywe blink suit,
vensters getint
wat die mense buite hou, weg hou
stakeholders meetings, meneer
met al die interested en al die affected parties, meneer
was alles Engels, meneer
boring speeches en empty promises
permits vir buddies en vriende van dooie stalwarts
talk is so damn cheap, meneer.

Om te dink, meneer
die visser kom al lankal aan
daar uit die Bybel se tyd
al daai dissipels
hulle was manne wat die waters kon lees
weet wanneer die tides kom en gaan,
die sout van die aarde
wat kon bid as die storms op die rowwe waters
dreig.

Nou sit ons hier, meneer
en die wind, die wind
hy waai net waar hy wil
en die see, die see
is ‘n baie ou vrou
met ‘n dooie droë baar, meneer.

© Clinton V. du Plessis / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Clinton V. du Plessis. Die boor
Clinton V du Plessis. With or without you →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d