Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 March 2019

Nuwe publikasie: op weg na kû (Breyten Breytenbach)

op weg na kû

Breyten Breytenbach

op weg na kû is in vele opsigte ‘n gesamtkunstwerk, soortgelyk aan Katalekte in 2012. Die gedigte word begelei deur ‘n verskeidenheid foto’s, hetsy van landskappe of van Breyten se eie en ook ander kunstenaars se skilderye. Die manuskrip bevat ‘n rykdom bepeinsings, gedagtes, digterlike hoogtepunte en kort-kortverhale, en eindelik word die teks meer as die somtotaal van vers en beeld.

In die woorde van Andries Visagie: “Dit word ‘n sintese van artistieke talent sonder weerga. Al die elemente in Breytenbach se literêre arsenaal – die voëls, die honde, die maan, die liefde, ballingskap, die metapoëtiese nadenke oor die woord en skryf – is hier aanwesig. Opnuut kan ‘n mens net in verbystering staan oor die oorweldigende digterlike idiolek wat die skrywer ontwikkel het.”

Oor die outeur:

Breytenbach is een van ons mees bekroonde digters en woon al dekades lank in Parys, Frankryk. Hy is ook ‘n bekende skilder. Sy werk het in verskeie tale al verskyn. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.  [H&R, 2019.Prys: R250, 255 bls.,  Sagteband. ISBN 978-0-7981-7862-4]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: op weg na kû (Breyten Breytenbach) →

11e gedagtes oor “Nuwe publikasie: op weg na kû (Breyten Breytenbach)”

  1. Yves T'Sjoen says:
    14 April 2019 at 13:29

    Het is verlangend uitkijken naar de bundel. Pas in september tijdens mijn passage in Stellenbosch (en dus Protea Boekwinkel), of eerder in juli al in Bloemfontein en Pretoria, hoop ik het omvangrijke dichtwerk te kunnen lezen. Ik hoor van kenners dat deze bundel een nieuw hoogtepunt markeert in het indrukwekkende dichterschap van Breytenbach. We vieren in oktober tijdens het Gentse colloquium ‘op weg na kû’. Eerst spreekt Breytenbach op 16-10 in de Aula van de UGent, waar hij in december 2014 de titel van doctor honoris causa kreeg toegekend, de zesde Mandelalezing uit. Daarna volgt het symposium met de focus op het literaire oeuvre (www.afrikaans.ugent.be). Tijdens onze gesprekken komt de bundel gewis en zeker ter sprake. We organiseren in samenwerking met de vakgroep Vertalen, Tolken en Communicatie (UGent) ook een vertalerspanel (“Breyten internationaal”): drie of vier gerenommeerde Europese vertalers gaan in gesprek met Breytenbach over de vertaling van zijn poëzie.

    Reply
  2. carina says:
    6 April 2019 at 08:11

    Ek gaan in kleremakersit en sê: “Namasaté Breyten!” Miskien moet ek maar weer my yogaklas aanpak? In T is ons veral gerig op die Hindoeïsme. Dankie vir jou uitleg vir die ver mense – hetsy geografies of deur stadige boekverspreiding. Die sewende chakra is altyd die vinnigste, ook by die lesers.

    Reply
  3. Waldemar Gouws says:
    4 April 2019 at 19:59

    Baie dankie vir die losbrand, André.

    Reply
  4. André Krüger says:
    1 April 2019 at 09:36

    Die bundel is nou beskikbaar by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Dit neem maar ‘n tydjie voordat die voorraad inkom.

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    30 March 2019 at 19:57

    Beste Breyten

    Baie dankie vir hierdie uitlê!

    Met groot waardering

    Waldemar

    Reply
  6. Breyten Breytenbach says:
    30 March 2019 at 14:27

    Beste Waldemar,
    Ek het gevoel dis onbetaamlik vir my om deel te neem aan die gesprek hier – behalwe dan om dankie te wil sê vir die empatie waarmee mede-digters die onlangse bundel benader, en dan grotendeels ook omdat ek voel ek kan nie voldoen aan die verwagting wat miskien geskep word nie – maar dit is ook onregverdig dat die bundel nie beskikbaar is nie (nie eens in Protea boekwinkel waar ‘n goeie vriend gaan soek het na ‘n eksemplaar nie!) en dat ons daarom in die leegte moet bespiegel oor wat de bliksem die vreemde terme na verwys.

    Miskien help dit as ek ‘n motto voor in die (nie-beskikbare) bundel mag aanhaal:
    Luister, Shariputra (Leser)…
    die vorm (shiki) is nie verskillend van die leeg (kû) en léég is nie verskillend van vorm nie. shiki is kû, kû is shiki.
    (Uit Maka Hanya Haramita Shingyo)

    Vriendelike groete,
    Hoesê Buiteblaf

    Reply
  7. Waldemar Gouws says:
    29 March 2019 at 22:24

    Louis,verskyn “kû” se gestalte net op papier en die k-ruim? Druk in druk, dus? Nóg die SA pleknaamwoordeboek (tussen Kruisvallei en Kub) nóg die wêreldatlas (tussen Ktima en Kuala) bied hierdie skynbare leksikale item enige verwysbare ruimte.

    Eerder ‘n toestand dan, as ‘n plek soos Welgevonden of Mekka?

    ‘n Afwesige denotasie. Selfs die (na my onhebbelike wete) enigste ander konteks waarin Breyten Breytenbach hierdie kû-verskynsel voorheen aangebied het, nl. in die inleidende teks van “Met ander woorde vrugte van die droom van stilte,” (1973) bied geen semantiese welbehae nie.

    Hierdie teks is boonop (onderaf?) weggelaat in “Ysterkoei-blues: Versamelde gedigte (1964-1975)” van 2001. Weggelaat, uitgeskop, weggesleep? Ook “Parool/Parole” akkommodeer die 1973-teks nie.

    Het enigeen iets wys geword, miskien?

    Ek moet nog die bundel vang, maar het jy dalk iets van kû te wete gekom?

    Reply
  8. Waldemar Gouws says:
    26 March 2019 at 20:50

    Die spesiale 55 jaar sedert “die maer man” in 1964 gedebuteer het, herinner my nou aan ‘n gedig van Li Po (701-762), geskryf in ‘n speelse luim, en gerig aan sy tydgenoot, Tu Fu (712-770):

    Op Gekookte Rys-berg ontmoet ek vir Tu Fu,
    Bamboeshoed op sy kop, in die middaghitte;
    Asseblief, sê my, hoekom het jy dan so maer geword?
    Is dit omdat jy aan die digkuns ly?

    Baie dankie vir die lytyd tot by “op weg na kû”!

    Reply
  9. Charl-Pierre Naude says:
    18 March 2019 at 20:30

    Maggies, wat spreek uit jou kommentaar, Louis, is die suiwer plesier van jou leeservaring. Wil ook die bundel fisiek in my hande hou nou.

    Reply
  10. Louis Esterhuizen says:
    17 March 2019 at 15:12

    Ek kan eenvoudig nie ophou lees aan hierdie kragtige ‘n bundel nie. Ek twyfel eerlikwaar of ek – of enigiemand, waarskynlik – hierdie bundel in sy/haar leeftyd ooit kláár gelees sal kry. Dit oorskrei alle grense en is absoluut enorm.

    In die volle krag van my oortuiging kan ek sê dat ek van geen groter (of belangriker) digter in die wêreld weet as Breyten Breytenbach nie.

    Mag hy daarvolgens geëer en erken word.

    Reply
  11. Marlise Joubert says:
    15 March 2019 at 20:09

    Om weer aan die ontvangkant te wees van hierdie nuwe bundel, is net ‘n groot voorreg. Baie geluk hiermee Breyten! Mag dit ‘n weg vind na ‘n goeie einde toe.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d