Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 August 2019

Nuwe publikasie: Kryt (Hennie Nortjé)

Omslag

 

Kryt

Hennie Nortjé

.

Aan die einde van die Kryt

kalk ‘n streep deur die krans

en bulder oor die afgrond uit:

Skrander aap, nou is jou kans!

In Hennie Nortjé se tweede digbundel (na die bekroonde In die skadu van soveel bome) kom die bokskryt van die menslike kondisie aan bod in ingehoue, subtiele en dikwels wrang humoristiese verse. Kryt bewoord die uitwissing van eras (soos die Kryttydperk); die impak van katastrofes op die heelal; die uitlewering van die mens aan bedreigings (onder meer die aanslag van bordkryt, en die uitkrytery tussen bevolkingsgroepe); die verbystering oor die skoonheid en wonders van die natuur; en die drang van die klein skepper om in die kryt te tree teen Tyd se sloping deur middel van kunsskepping. Geologiese, ekologiese en natuurhistoriese temas word vooropgestel, sowel as gedigte oor die natuur en kunstenaarskap wat lesers van sy vroeëre werk na aan die hart sal lê.

Oor die skrywer

Hennie Nortjé is in 1956 gebore en werk as mediese praktisyn. Sy bundel In die skadu van soveel bome het sowel die Eugène Maraisprys as die Ingrid Jonkerprys vir debuutwerk in 2013 gewen. Hy bly op Stellenbosch wanneer hy nie besig is om verre paaie te bewandel op soek na uitsonderlike bome en klippe nie. [Queillerie, 2019. Prys: R240,00, Bladsye: 96, Formaat: 213mm x 137mm, Bindstyl: Sagteband, ISBN13:9780795802065]

.

.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: Kryt (Hennie Nortjé) →

1e kommentaar op “Nuwe publikasie: Kryt (Hennie Nortjé)”

  1. Sandra says:
    28 August 2019 at 13:54

    Diep seun nè….veels geluk Hennie.
    Ek siien uit om dit woord vir woord te bepeins…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d