Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 September 201923 September 2019

Breyten Breytenbach. Vriende, medesterwendes

                                                     vriende, medesterwendes

hier lyk ons nog ewe windgat

maar eintlik het die insamel

van bewuswording mét begeerte of sonder sin

met ander woorde die byna vol

genoeg om leeg te wees

geskep uit stamelende bestaan ook tyd genoem

ons faktap geslaan

ontdaan van sin en vleeslike vergestalting

 

ontdaan van syn en vleeslike vergestalting

hang ons nog ‘n oomblik aan

die skyn van te bestaan het

ten minste vir die skryf van hierdie

woorde met blinde gesigte na die lig gekyk

en die arms om mekaar se gedaantes gewaan

 

Die pampoen is verorber in al haar skoonheid van geel tot soet. Dis die 19de September. Gister het ons ‘n wilde olyfboom vir my broer geplant in die beskerming van eike op die oewer van ‘n stroom, en daar was reiers wat kom kyk het, en ‘n valk en ‘n glinsterende kriek en ‘n verkleurmannetjie op ‘n tak tussen blare. Uit ‘n kissie is die asse tussen die wortels gestrooi, dit het water gekry sodat die boompie kan groei en sterk mag wees.

Ek wil dankie sê vir al julle wonderlike gasvryheid, vir die menswees, vir die oomblikke van vashou, vir die nugter-weet-van-waar insigte soms, vir die bloedmaan, vir die vloed van herinneringe. Vir die musiek. Veral vir die musiek en die gedagtes soos musiek. Omdat dit verbygaan sal dit bly. Dis nie reg om name te wil noem nie – daar is te veel.

Ek wil om verskoning vra dat ek by tye stuurs, afwysend, steeks en selfs beledigend en lelik-met-die-mond-saam was. Daar’s geen verskoning voor nie. Miskien die verduideling dat dit te oorweldigend was, dat ek bang was vir die seerwees en al die liefde in hierdie land, nie wou onthou nie, nie méér wil weet nie. Ek is jammer, mense.

En nou is dit tyd vir omdraai. Om terug te gaan na die stiltes en die bymekaarmaak vir oor tagtig jaar. Ek belowe ek gaan my beter gedra. Ons sien weer, ons gesels weer. Die mense wat geklankdig op die bygaande foto so kyk na waar daar niks is nie is nie noodwendig dié hier ter sprake nie. Dis ter gedagtenis aan ‘n bymekaarkom van pampoenboere in Francis Galloway se boek.

Liefdegroete

Ka’afir

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gedigte vir Breyten Breytenbach: 16 September 2019
Nini Bennett. Die bloedlyn van ’n taal →

1e kommentaar op “Breyten Breytenbach. Vriende, medesterwendes”

  1. Breyten Breytenbach says:
    20 September 2019 at 11:00

    En ek sou moes weet – hét ook geweet – die wakende hand van oplettendheid sou my beskerm. Dankie, Marlise!
    Breyten

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d