Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 201930 September 2019

Zandra Bezuidenhout. Verjaardagborrel vir twee

Verjaardagborrel vir twee

.

Twee Afrikaanse literêre ramme,

Breyten en Ampie, om hul met permissie

op die kaalvoetnaam te noem,

tart op tagtig die kalender

en kaperjol tot ligdag

in ʼn Wellingtonse digtersjaart.

 

Hier langs die veranda by Grevilleas

bring bewonderaars en poëte

ʼn hand vol vere

en speld die hele dorp se lente

aan die bors van hul idole.

 

Nou, op die negende verdieping

van hul jare,

staan die verjaardagkêrels

windmaker nader

vir  ʼn ongedanste dans

in die paradyslike seisoen.

 

Uit die karaf van die kontrei

skink ons ʼn dubbeldop

en drink ʼn heildronk

op twee bekwame keldermeesters

van die Wamakersvallei.

 

Mag hul oë nog elke somer

aardebruin soos appelkoospit glans

en hul name aan die oewer klink

wanneer klippe in die winter

omrol in die Bergrivier.

 

© Zandra Bezuidenhout

September 2019

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Zandra Bezuidenhout. Fees van die skrywers

3e gedagtes oor “Zandra Bezuidenhout. Verjaardagborrel vir twee”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    5 October 2019 at 17:06

    Dankie vir die kommentaar, De Waal en Trienke.

    Reply
  2. Trienke Laurie says:
    3 October 2019 at 11:51

    ‘n Hartlike gedig wat nog meer titels en digters betrek. Ons is trots op hulle.

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    1 October 2019 at 09:54

    Lekker loslit gedig! Dít het ek nou geniet. Dis ‘n baie paslike huldeblyk aan albei die kêrels. Hulle verdien dit 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d