Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 November 201919 November 2019

De Waal Venter. Paleis

Vir steg in, En enda väldig sal,

tyst och tom, där golvets yta låg

(“Palastet”, Tomas Tranströmer)

 

Ons stap in. ’n Yslike groot saal,

stil en leeg, waar die vloeroppervlak

uitstrek soos ’n verlate skaatsbaan.

Al die deure is toe. Die lug is grys.

 

Skilderye teen die mure. Ons sien tonele,

leweloos saamgedring: skilde, weegskale

visse, vegtende gestaltes in ’n

doofstom wêreld aan die anderkant.

 

’n Beeld is geplaas in die leegte:

eensaam in die middel van die saal ’n perd,

maar eers merk ons hom nie op nie

want ons is oorweldig deur al die leegheid.

 

Sagter as asemhaling in ’n dop

is geluide en stemme hoorbaar uit die stad

malend in die verlate ruimte,

murmelend en soekend na mag.

 

Ook iets anders. Iets duisters

verskyn op die drempels van ons vyf

sintuie sonder om daar oor te gaan.

Sand loop in al die stil glase.

 

Dit het tyd geword om te roer. Ons loop

na die perd. Hy is yslik,

swart soos yster. ’n Beeld van mag self

wat oorgebly het toe die vorste weggegaan het.

 

Die perd sê: “Ek is die Enigste.

Die leegte wat op my gery het, het ek afgegooi.

Dit is my stal. Ek groei stadig.

En ek eet die stilte hierbinne.”

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Verdiep in Tranströmer
Octavio Paz. Essay: Vertalings in Afrikaans. (De Waal Venter) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d