Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 January 20202 January 2020

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

.

Identiteitskaart

.

Skryf neer!

ek’s ‘n Arabier,

my identiteitsnommer: vyftig duisend

ek het agt kinders

en ‘n negende een oppad na die somer.

sal dít jou kwaad maak?

 

Skryf neer!

ek’s ‘n Arabier,

werksaam saam my mede-werkers by die steengroef.

ek het agt kinders,

ek breek vir hulle brood, klere en boeke

vanaf die rotse…

ek smeek nie vir aalmoese by jou deure nie

en kruip nie rond op jou drempel nie

so, sal dít jou kwaad maak?

 

Skryf neer!

ek’s ‘n Arabier,

ek het ‘n naam sonder titel

geduldig in ‘n land

waar my mense grimmig is.

my wortels hier ingegrawe voor die geboorte van tyd.

voor die opening van tyd se kringe,

voor die denne- en olyfbome,

voor die gras begin spruit het.

my vader is van die arbeidsklas,

hy het geen adellike afkoms nie

en my oupa was ‘n kleinboer

sonder indrukwekkende stamboom.

ek is die glorie van die son geleer

voor ek geleer het om te lees.

my huis is soos die hut van ‘n wagter,

gebou met takke en met riet.

is jy tevrede met my status?

ek het ‘n naam sonder titel.

 

Skryf neer!

ek’s ‘n Arabier,

haarkleur: houtskool-swart

oogkleur: bruin

kenmerke: ‘n koord rondom die koufiyah op my kop;

my handpalms hard soos klip-

dít krap die wat dit aanraak

adres: ‘n lank vergete -verlate- dorpie;

sy strate naamloos;

sy mense in die veld of by die steengroef.

sal dít jou kwaad maak?

 

Skryf neer!

ek is ‘n Arabier,

jy het die boorde van my voorvaders

en die land wat ek bewerk het gesteel

saam met my kinders

en niks behalwe hierdie klippe

vir ons oorgehou nie.

so sal die Staat dít dan ook wegneem

soos wat daar gesê word?

Daarom:

Skryf dit neer aan die begin van die eerste bladsy:

ek haat geen mens,

en is nie ‘n indringer nie

maar as ek honger word

sal die vlees van die tiran my honger stil!

Pas op…pas op…vir my hunkering

en my gramskap

.

Identiteitskaart – Uit Blare van Olyf (1964) soos vertaal uit Arabies deur Salman Masalha en Vivian Eden. In Afrikaans vert. deur Bester Meyer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d