Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 January 20202 January 2020

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

.

die Aarde druk teen Ons

.

die aarde druk teen ons,

hou ons vasgevang in die finale gang,

om deurgang te vind

moet ons ons ledemate verloor –

die aarde knyp ons vas

 

as ons maar net koring was

sou ons dalk kon doodgaan

en tog bly lewe.

as sy maar ons moeder was

sou sy ons kon temper deur genade.

as ons maar prente van rotse was

behoue in ons drome soos spieëls…

 

ons werp ‘n blik na die gesigte

in hulle finale geveg vir die siel

van die wat dood gemaak sal word

deur tussen ons te bly.

ons betreur hulle kinders se fees

 

ons het die gesigte gesien

van die wat ons kinders sal uitgooi

uit die vensters van dié finale ruimte.

‘n ster poleer ons spieëls…

 

waar moet ons heen gaan ná die laaste grens?

waar moet die voëls heen vlieg ná die laaste hemel?

waar moet die plante slaap ná die laaste teug van lug?

ons skryf ons name in die karmosyn mis.

ons eindig die loflied met ons vlees.

hier sal ons dood gaan

-hier- in die finale gang,

hier of daar,

ons bloed sal olyfbome plant…

.

 

Uit: Minder Rose (1986) soos vertaal uit Arabies deur Munir Akash en Carolyn Forché in

Unfortunately, It was Paradise (2003) In Afr. vertaal deur Bester Meyer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans
Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d