Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 January 202010 January 2020

Klara du Plessis. klein begeertes

klein begeertes

 

3

 

Doen weg met die stigma.

Doen weg met die slang.

Verander die tuin na ’n oseaan.

Dit is Eve se klein begeertes.

 

Elke oggend ry sy met ’n lang, kronkelende pad

af water toe. Dit voel gevaarlik, konstant afdraande,

 

’n beheersde glyplank, foefie slide met sterflike grense,

mensgemaakte rivier se beweeglikheid toegeteer.

 

Krakies dring deur. Die aarde beweeg onder die pad

en vat-vat aan die relatief dun, gladde velletjie.

 

Haar ligte is altyd aan. Met twee skynende oë verhelder

sy haarself teen die helling af. Veiligheidsmeganisme

 

van sien of gesien wees. Skrikwekkend hoe ’n kar

net by ’n skuinste afvloed, magtig beheersd, maar

 

met ’n spoed, oortuigend verpak as ’n tegnologiese kokon

wat netjies en doelgerig die draaie aanpak.

 

Likied en wateragtig met ’n skaduwee wat lank

en glansend agter haar aanswem

 

bestuur Eve haar roete sodat sy daagliks afstort water

toe. Motor handeviervoet geparkeer, plas sy uit.

 

Eve betas die water.

 

Duidelik om te swem en die ondersteuning van vloeistof

om die liggaam te voel is utopies. Om te dryf

 

op die oppervlakte, ’n lyn tussen blou en blou met lyf

en tone kierts uit en mond een groot uitasem van koudkry.

 

Om deur ’n golf te duik, snakkend na werkende longe,

een teug na die ander ’n rillende ekstase.

 

Maar daar is ook iets anders, onbeskryfbare barmhartige baarmoeder,

en daarom, byvoorbeeld, die digkuns.

 

© Klara du Plessis

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Montreal in Bloemfontein
Breyten Breytenbach. Gedagtig aan Saul Radomsky →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d