Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 202012 March 2020

Osip Mandelstam: Vertaling in Afrikaans

Osip Mandelstam: Vertaling uit Russies via Duits in Afrikaans. Vert. deur Helize van Vuuren.

 

 

Tristia

 

Ek het afskeid geleer – sy wetenskap;

ek leer dit snags, uit pyn en yl hare.

Geloei van osse. Wag, lang gevangenskap.

Stadsbewaking, díé wat die laaste was.

En ek – ek stap in die nag soos die hane,

omdat ek, met smart op my skouer, wandel, lank,

een oog in die verte sien deur sy trane

en vrouegeween hoor in die muse-lied.

 

Wie, wat die woord hoor: Afskeidneem,

weet wat die skeiding en verwydering bring,

wat sy naam is as vlamme op jou staan,

Akropolis, en hanegeskreeu weerklink?

Wat as ‘n nuwe lewe, enigeen, daag,

waarin die osse loei, uitgerek in die stal,

wat hierdie vlerkgeslaan daar uitsê

van die haan op die muur, wat die nuwe bring?

 

Ek het lief, wat steeds voortspin, die weefdraad –

Die skippie wat vlieg, die weefspoel-gezoem…

O kyk: verepluim, ‘n werklike, van swane –

die kaalvoet Dehlia – sy kom!

O ons lewensgrond, die skraal-en-smalle,

die bedelwoorde, wat van vreugde praat!

Ag, net die verlede kom, op ‘n ander keer:

die nóú, as jy haar herken – jou geluk.

 

So is dit dan: die bord van erdewerk, mooi

en die wasbeeld, deursigtig, bo-op.

(Soos eekhorinkie-vel, gelooi.) Daarnaas

oor die was geboë, ‘n meisiesoog.

Nie vir ons is dit om Erebus te vra:

koper vir die mans, was vir die vroue.

Op ons val die lot, as ons veg in verslane stryd;

Hul sterf, as hul in die toekoms kyk.

 

  • Osip Mandelstam, uit Gedichte 1928

– Vertaal deur Helize van Vuuren, via Paul Celan, Ossip Mandelstamm Gedichte – Aus dem Russischen übertragen von Paul Celan, Fischer Taschenbuch Verlag, 1959).

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← WG Sebald, uit “Wie der Schnee auf den Alpen” (Vertaal deur Helize van Vuuren)
Twee nuwe Stemgrepe: Lynthia Julius & Helize van Vuuren →

10e gedagtes oor “Osip Mandelstam: Vertaling in Afrikaans”

  1. Marlies Taljard says:
    13 March 2020 at 07:10

    Ek verstaan Celan se “brüllen” ook as ’n magtelose soort huil. Iets soos “Das Kind brüllt weil es afgehoben werden will” (“Die kind skree woedend omdat dit opgetel wil word”). “Weeklaag” is in dié geval nie kragtig genoeg nie. Dis ʼn verset teen wat is en met die wete dat jy skree “in teen die groot onreg” (met apologie aan TT Cloete).

    Reply
  2. Waldemar Gouws says:
    12 March 2020 at 20:01

    Marlise,’n mens wat in Mandelstam (1891-1938) se tyd geleef het, Jan Celliers van Wellington (1865-1940)(en wat na 1926 niks verder geskryf het nie) verskaf ‘n antwoord op jou vraag oor die soort stem van ‘n os. In sy gedig “Die ossewa” se laaste strofe skryf Celliers:

    “So, stom tot die stond van hul sterwe,
    bly ieder ‘n held van die daad …
    Hul bene, na swoeë en swerwe,
    lê ver op die velde verlaat …”

    Reply
  3. Marlise says:
    12 March 2020 at 11:32

    Dan miskien: Geweeklaag van osse ?

    Reply
  4. Marlise says:
    11 March 2020 at 22:23

    Ek dink weer dit moet wees ‘osse bulk’. Koeie loei, en beeste loei, maar osse?
    Kyk: https://www.edubloxsa.co.za/leer-afrikaans-dieregeluide/

    Reply
    1. Helize van Vuuren says:
      12 March 2020 at 11:08

      In die verse voor en na Mandelstam se “Tristia”-vers suggereer osse die lydende mens net voor en ten tyde van die Groot Terreur onder Stalin:
      – “Das Schicksalsjoch”=die noodlotsjuk
      – “Das Joch der Macht und die Verfinsterungen,/ die Last, die uns zu Boden schlaegt”= die magsjuk en verduisteringe/ due las wat ons teen die grond slaan”
      – “das Joch der Zeit – was tu ich dass ich diese Joch zerschlag?” = die tydsjuk, hoe moet ek hierdie juk verslaan?
      – “Die Zeit – gepfluegt”=die tyd – omgeploeg
      ——
      Verskillende diere (swaeltjies vir siel, hane vir onraad, verraad, muisetande wat kou vir broosheid, osse vir jukdraers), word kodes in ‘n soort semi-verhulde vorm vir die lotgevalle van die lydende mens, en spesifiek die vervolgde Mandelstam. En in ‘n loflied op Kreta word die godin Hera opgeroep, in Homerus die “os-ogige”. Godin, dier, mens – almal intiem verweef.

      Maar die hart van saak is tog afskeid, verlies van die bekende geliefde (net bedelwoorde en karige grond onder die voete oor)- met wanhoop oor die nuwe wat daag, sterfte in die toekoms.

      Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    11 March 2020 at 22:05

    ‘n Drastiese verskil, die tussen “bulk” en “herkou.” Sou Celan in meer as die een voorbeeld iets intensers verkies het in vergelyking met Dutli se vertaling?

    En kan mens nog iewers die taal van osse hoor?

    Reply
  6. De Waal Venter says:
    11 March 2020 at 16:40

    Ja, Helize. “Loei” is ‘n sterk evokatiewe woord. Dit pas goed hier.

    Reply
  7. Helize van Vuuren says:
    11 March 2020 at 15:02

    my vertaalfout dus: Marlies korrigeer asb na “geloei”? en dankie, De Waal, vir die attentmaak daarop.

    Reply
  8. De Waal Venter says:
    11 March 2020 at 07:20

    Baie genietbare vertaling. Pragtige beelde wat heerlik in die Afrikaanse mond pas: “met smart op my skouer wandel”, “Die skippie wat vlieg, die weefspoel-gezoem…”, en “die bedelwoorde, wat van vreugde praat!”.

    Maar dit lyk my die Duitse vertaler het dalk ‘n glipsie begaan. In die derde reël van ‘n Duitse vertaling van die gedig deur Paul Celan, kom die volgende woorde voor:

    “Gebrüll von Ochsen.”

    Die Afrikaanse vertaling is op hierdie vertaling gebaseer. Die Duitse “gebrüll” word korrek in Afrikaans as “gebrul” weergegee. Maar dit is nie wat in die oorspronklike Russies geskryf is nie. In die Russiese gedig is die osse besig om te “kou”. In Afrikaans nog beter as “herkou”. Ander vertalings in Nederlands, Frans en Engels het ook verskeie vorme van “kou” en nie “brul nie.

    Dit lyk my taamlik onwaarskynlik dat osse sal “brul”, eerder “herkou”. Vreemd dat Celan nie sy bronteks beter nagegaan het nie.

    Reply
    1. Helize van Vuuren says:
      11 March 2020 at 14:50

      By ‘n formidabele vertaler en kenner van Russies, sou ek nie gou so ‘n afleiding maak nie. As self digter van formaat, die oorsaak eerder elders soek. En dit sou kon huis in die Russies van Mandelstam. Hier is waarskynlik die sleutel:
      1.Ralph Dutli se vertaling van dieselde vers begin so:
      Ich lernte Abschied: eine Wissenschaft,
      In Klagen – nachts – von unbedeckten Haar.
      Gekau der Ochsen.
      [Ek leer afskeid: ‘n wetenskap,/in gekla – snags – van onbedekte hare./Gekou van die osse.]

      2. Cassell’s se Duits-Engelse woordeboek (1968, 12de druk v 1957) gee onder die lemma “Gebruell” twee begrippe, naamlik “roaring” en “lowing”, dus “gebrul” en “geloei” van beeste.

      My afleiding is dat Celan gekies het vir hierdie tweede betekenis van “geloei” (‘n sagter, klaerige geluid wat mens snags uit stalle hoor), omdat hy in die vorige versreel die menslike “gekla” van pyn weggelaat het (om daar nader omskrywings te kan gee: “Schmerz und schlichtem Haar”. Dutli verkort als tot net “unbedecktem Haar”. Van pyn geen sprake, net van ‘n onbenullige koue kop! Celan se vertaling maak vir my meer sin…die osse hef nou die klaagsang aan namens die lydende mens. Soos wat osse wel doen: om droewig-klinkend te loei, diep, donker steun-en-kerm geluide…Over gezet zijnde: loei.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d