Francois de Jongh. Covid 19

 

Covid 19

 

Die tuinhek is gegrendel

en verbylopers

wat eens lastig was

word nou selfs gemis.

Slegs die voëls

en briesie

gaan hul gang

waar ek

op my erf

kluisenaar is.

 

Die lug sal skoner

wees van rookmis

verbranding

van fossielgesteentes

en aardse olies.

 

Maar krematoriums

sal volstoom werk

en so steeds

die mens se merk,

’n Kain dwaalspoor

vanuit die land Nod,

op die aarde laat.

 

© Francois de Jongh, 2020/03/27

 

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Francois de Jongh. Covid 19”

  1. Ans Scholtz :

    Pragtig saamgevat Francois!!
    Jou bewoording is perfek – die weergee van jou eie kop se dwaal, dag na dag. Nie net sleg..die goed is daar, maar o wee – jou grendeltyd vol innerlike stryd. Ek kyk vir die volgende een. Covid-groete tot ons weer ontmoet. Ans

  •